Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jong man ‘atoombom’, getuig ma in hof
Louie-Ann Bendeman en haar seun, Johan Ferreira, buite die hof. Foto: Alzane Narrain

’n Eens begaafde sportman van die Hoërskool Sentraal in die stad “is nou ’n atoombom” nadat hy in ’n motorongeluk in die stad ernstige breinbeserings opgedoen het, het die Vrystaatse hooggeregshof gister gehoor.

’n Eis van meer as R6,5 miljoen is namens Johan Ferreira (22) teen die Padongelukkefonds ingestel weens die ongeluk in die vroeë oggendure van Goeie Vrydag 2011 toe die bakkie waarin hy ’n passasier was ’n lamppaal in Eerste Laan getref het.

Marli van Straaten (16), destyds ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, het op sy skoot gesit en gesterf.

Nóg twee vriende, Stefan Labuschagne en Pieter Nel, ook destyds leerlinge van Sentraal, is ook beseer. Malcolm Bothma, ook van Sentraal, het die bakkie bestuur.

Louie-Ann Bendeman, Johan se ma, het gister voor regter Corné van Zyl getuig van haar seun se frustrasie en woede-uitbarstings nadat hy breinskade opgedoen het.

“Johan is ’n atoombom. Die aanvalle van woede gaan baie keer daaroor dat hy weet hy is nie meer wat hy was nie,” sê sy van haar eens begaafde sportseun wat aan die Cravenweek deelgeneem het en ’n professionele rugbyspeler wou word. Nou kan hy aan geen sport deelneem nie. Baie keer gaan die woede oor in geweld. Agterna kan hy niks daarvan onthou nie. Hy is so sterk soos ’n bees.

Hy en Marli was sedert hul laer­skooljare baie geheg aan mekaar. “Hy sit ook met ’n probleem van hoekom sy (gesterf het) en nie hy nie?”

Teenoor Malcolm Bothma het hy werklik ’n “lelike wrok”, het sy ma getuig.

Luidens deskundige verslae was Johan nege dae lank in ’n koma, het hy skedelbreuk en breinbeserings opgedoen en is hy doof in sy linkeroor.

Hy was in graad 11. Ná die ongeluk was hy drie dae weer terug, maar het skool toe gelos. Hy het ’n persoonlikheidsverandering en gedragsveranderings ondergaan. Hy kan nie meer onafhanklik lewe nie of sy geldsake hanteer nie.

Adv. Adrian Vorster het in opdrag van Henry Buchner van Honey-prokureurs namens Johan se curator ad litem, adv. Louis Pohl, SC, opgetree. Menezi Gcasamba tree vir die fonds op.

  • Bothma is vroeg in Februarie 2014 in die Bloemfonteinse streekhof tot 36 maande korrektiewe toesig en ’n opgeskorte drie jaar tronkstraf weens strafbare manslag gevonnis. Omdat hy sonder ’n rybewys bestuur het, is hy tot ’n boete van R1 500 of ses maande tronkstraf gevonnis. Weens onbedagsame bestuur is hy tot ’n boete van R1 500 of ses maande tronkstraf gevonnis.

Meer oor:  Hoërskool Sentraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.