Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
K-woord: Catzavelos kap EFF oor mense 'nie werk nie'

Adam Catzavelos het Woensdag ’n beroering in Randburg se landdroshof veroorsaak toe hy net voor sy verskyning hardop voor EFF-lede gesê het dat as die ekonomie gewerk het, sou mense by die werk en nie in die hof gewees het nie.

Adam Catzavelos Woensdag in die landdroshof in Randburg waar hy in verband met ’n crimen injuria-saak verskyn het. Foto: Werner Beukes

Lede van die EFF het nie ver van hom gesit en gewag dat die hofverrigtinge begin nie. Een het heftig gereageer en gesê Catzavelos, wat weens die gebruik van die k-woord aangekla is, “vol k*k” is en nie ander respekteer nie.

Die MRK het Catzavelos na die gelykheidshof gesleep oor die omstrede vakansievideo wat hy in 2018 op ’n Griekse strand geskiet het en wat op WhatsApp versprei is.

Daarin sê hy “daar is nie ’n “k****r in sig nie, f****n hemel op aarde”.

Catzavelos, geklee in ’n swart baadjie en donker denim, is na die beskuldigdebank geroep en die crimen injuria-saak is tot 12 November uitgestel.

“Ek is steeds jammer oor wat ek gesê het en ek wens ek kan met my lewe aangaan,” het hy weer aan joernaliste voor sy verskyning gesê.

Nadat sy uitsteldatum bekend gemaak is, het Catzavelos hom blitsvinnig na buite gehaas. Hy het nie eens vir sy prokureur, Lawley Shein, gewag nie.

Adam Catzavelos saam met sy prokureur, Lawley Shein. Foto: Werner Beukes
Lawley Shein (regs) het Woensdag voor Adam Catzavelos se hofverskyning gesê die direktoraat vir openbare vervolging het nog nie besluit oor Catzavelos se aansoek dat vervolging in die crimen injuria-saak teen hom gestaak word nie.Foto: Werner Beukes
Adam Catzavelos en sy prokureur, Lawley Shein, wag Woensdag dat die hofverrigtinge begin.Foto: Werner Beukes
Adam Catzavelos het in Augustus ’n skikking in die gelykheidshof met die Menseregtekommissie (MRK) oor die aangeleentheid bereik. Deel van die ooreenkoms sluit in dat hy R150 000 oor ’n tydperk van 30 maande moet betaal.Foto: Werner Beukes
Lede van die EFF het nie ver van Adam Catzavelos gesit en wag dat die hofverrigtinge begin nie.Foto: Werner Beukes
Mandisa Mashego, Gautengse voorsitter van die EFF, wat die crimen injuria-saak teen Adam Catzavelos aanhangig gemaak het. Foto: Werner Beukes

Mandisa Mashego, Gautengse voorsitter van die EFF, wat die crimen injuria-saak teen Catzavelos aanhangig gemaak het, het buite die hof gesê dat Catzavelos “nie berou het nie en eerder sy mond moet hou”.

“Adam moet besef dat WhatsApp deel is van die internet, ’n openbare platform, waaroor jy geen beheer het wanneer dit by die uitstuur van boodskappe kom nie. Al die dinge wat Adam kwytraak, bemoeilik net sake vir hom,” het Mashego gesê.

Catzavelos het in Augustus in die gelykheidshof ’n skikking met die Menseregtekommissie (MRK) oor die aangeleentheid bereik. Deel van die ooreenkoms sluit in dat hy R150 000 oor ’n tydperk van 30 maande moet betaal.

Shein het Woensdag voor sy hofverskyning gesê die direktoraat vir openbare vervolging het nog nie besluit oor Catzavelos se aansoek dat die vervolging in die crimen injuria-saak teen hom gestaak word nie.

Lede van die EFF buite die landdroshof in Randburg waar Adam Catzavelos Woensdag op ’n aanklag van crimen injuria verskyn het. Foto: Werner Beukes

Meer oor:  Adam Catzavelos  |  Eff  |  K-Woord  |  Rasklag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.