Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
K-woord: Landdros onttrek aan Catzavelos-saak
Catzavelos
Adam Catzavelos met 'n vorige verskyning in die Randburg-landdroshof.

Landdros Naren Sewnarain het homself onttrek aan die saak teen Adam Catzavelos, die sakeman wat die k-woord gebruik het op ’n video wat hy op ’n oorsese vakansie gemaak het.

Buang Jones, provinsiale voorsitter van die SA Menseregtekommissie, het namens die kommissie ’n aansoek in die gelykheidshof in Randburg gebring dat Sewnarain homself onttrek, omdat hy glo Catzavelos se regsverteenwoordiger, Lawley Shein, goed ken.

Sewnarain het in die hof erken dat hy ’n werkverhouding met Shein het. Hulle het glo tien jaar gelede saam gewerk.

Die MRK verkla Catzavelos ingevolge die Wet op Gelykheid van haatspraak.

Die MRK hoop die hof gaan Catzavelos beveel om skriftelik in die openbaar verskoning te vra en hom beveel om R200 000 te skenk aan ’n liefdadigheidsorganisasie wat hom op rasseverhoudinge toespits.

Laastens hoop die MRK dat die hof Catzavelos sal beveel om op eie koste opleiding oor rassesensitiwiteit, wat deur die MRK aangebied word, by te woon.

Catzavelos is aangekla nadat ’n video waarin hy die k-woord in Griekeland gebruik het, verlede jaar soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het.

In dié video spreek hy sy verligting uit dat daar “geen k****r in sig is” op die strand in Griekeland waar hy vakansie hou nie.

Meer oor:  Adam Catzavelos  |  Randburg  |  Landdros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.