Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
K-woord: Saak teen Catzavelos uitgestel

Die saak teen Adam Catzavelos, wat daarvan beskuldig word dat hy homself verlede jaar verfilm het terwyl hy die k-woord gebruik het, is in die hof in Randburg tot 5 Desember vir ’n pleitooreenkoms uitgestel.

Die EFF het die saak aanhangig gemaak nadat die video van hom wat die k-woord op ’n Griekse strand gebruik ’n storm op sosiale media ontketen het.

Lawley Shain, Catzavelos se prokureur, sê Catzavelos gaan ’n pleitooreenkoms met die staat probeer sluit.

“Ons wil die saak afhandel en ’n pleitooreenkoms beding. Ons onderhandel op die oomblik en hopelik is alles teen 5 Desember afgehandel,” sê Shain.

Catzavelos se saak is vantevore uitgestel sodat sy regspan voorleggings aan die nasionale direkteur van openbare vervolgings kon doen. Dit was egter onsuksesvol.

Catzavelos het voorheen ’n ooreenkoms met die Menseregtekommissie aangegaan in ’n ander hofsaak wat in die gelykheidshof was.

Hy het ingestem om R150 000 oor ’n tydperk van 30 maande te betaal en om verskoning vir sy uitlatings te vra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.