Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaapse balju-hoë in hof weens bedrog van R2 m.

’n Hooggeplaaste balju van Kaapstad het Woensdag in die landdroshof in Wynberg op aanklagte van bedrog van R2 miljoen verskyn.

Die Valke het hom vroeër in hegtenis geneem.

Hoosain Kagee, ’n voormalige uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Raad van Balju’s, het in die hof verskyn op aanklag van bedrog waarby R2 miljoen betrokke is. Foto: Verskaf

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring Hoosain Kagee (48) word daarvan aangekla dat hy oor ’n tydperk van agt jaar by verskeie voorvalle van bedrog, korrupsie en geldwassery betrokke was.

Kagee, ’n gekwalifiseerde prokureur, is ’n voormalige uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Raad van Balju’s.

Nkwalase sê die staat voer aan Kagee het tussen 2006 en 2014 as middelman opgetree om vir omkoopgeld namens verskeie diensverskaffers tenderaansoeke te doen.

“Die beweerde korrupte verhouding met die diensverskaffers het met sy termyn as uitvoerende bestuurder van die raad saamgeval,” sê Nkwalase in die verklaring.

Onder die betrokke diensverskaffers tel rekenaardienste, inbelsentrum-kontrakte en gemeenskaps- en eiendomsopnames.

Borgtog van R5 000 is aan Kagee toegestaan. Die saak is na die handelshof in Bellville oorgeplaas en vir verdere ondersoek tot 30 Julie uitgestel.

Meer oor:  Bedrog  |  Geldwassery  |  Korrupsie  |  Balju
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.