Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaapse metro-man wat glo 13-jarige verkrag se saak uitgestel

Die senior bestuurder by die Kaapstad-metroraad, wat van die verkragting van ’n 13-jarige meisie aangekla word, se saak is Maandag in die landdroshof in Mitchells Plain tot 30 Julie uitgestel.

Inwoners van Mitchells Plain, vroue, mans en kinders, sowel as veterane van MK se Veteranevereniging het Maandag voor die landdroshof in Mitchells Plain met plakkate betoog waarin hulle vra dat geen borgtog toegestaan moet word vir mense wat hulle aan geslagsgeweld skuldig maak nie. Foto: Judith February/Facebook

Die hof het gehoor dat die 54-jarige man, ’n voormalige Umkhonto we Sizwe-bevelvoerder (MK) op die Kaapse Vlakte, ’n nuwe regsverteenwoordiger vir hom gaan aanstel.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê dat die man dan ’n borgtogaansoek gaan bring.

Die staat gaan egter borgtog teenstaan,” sê Ntabazalila.

Die man staan tereg op ’n aanklag dat hy die meisie oor ’n tydperk van drie jaar herhaaldelik by haar ouerhuis en ander plekke verkrag het.

Die man is glo ’n familielid van die klaer.

Sy naam mag nie genoem word nie om die identiteit van die meisie te beskerm.

Verskeie mans en vroue en lede van MK se Veterane-vereniging het Maandag voor die landdroshof in Mitchells Plain met plakkate betoog waarin hulle vra dat borgtog nie vir die man en ander mans toegestaan word wat hulle aan geslagsgeweld teenoor vroue en kinders skuldig maak nie.

Die man was in Desember 1989 betrokke by die voorval waarin ’n kleefmyn by die Mitchells Plain-polisiekantoor geplaas is.

Hy is verlede naweek in hegtenis geneem en is by die Strandfontein-polisiekantoor tot Maandag aangehou.

Die man was in Desember 1989 betrokke by die voorval waarin ’n kleefmyn by die Mitchells Plain-polisiekantoor geplaas is.

’n Gemeenskapsorganisasie in Mitchells Plain waarby die man betrokke was – Unchain the Plain – het hulle ook verlede Maandag van die man gedistansieer en alle foto’s waarop hy was van hul Facebook-blad verwyder.

Hy is ’n uitvoerende lid van die organisasie.

Mark Skriker van Unchain the Plain het toe in ’n verklaring gesê dat hulle inligting ontvang het dat een van hul lede in hegtenis geneem is vir die verkragting van ’n minderjarige. Hulle het die Sondagaand ’n noodvergadering gehou en besluit om die man onmiddellik te skors totdat die hofsaak afgehandel is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.