Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaapse sakeman in hof oor verspreiding van fopnuus

’n Sakeman van Kaapstad se noordelike voorstede is die eerste Wes-Kapenaar wat in verband met die verspreiding van fopnuus oor die koronavirus in hegtenis geneem is.

Die man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy gewaarsku is om hom by die Parow-polisiekantoor aan te meld.

Die 54-jarige sakeman in die eiendomsbedryf verskyn Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad op aanklagte wat verband hou met regulasie 11(5)(c) van die Wet op Rampbestuur. Dit behels die publikasie van enige verklaring deur enige medium, insluitend sosiale media, met die bedoeling om ander persone te mislei oor die regering se pogings om Covid-19 te bestry.

Die man het Suid-Afrikaners die naweek in ’n video aangeraai om hulle nie vir die koronavirus te laat toets nie. Die video het soos blits op sosiale media versprei.

Hy het onder meer gesê ’n Britse koerant het onlangs berig dat duisende toetstoestelle wat gebruik moes word om mense te toets, glo reeds met die koronavirus besmet was.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê daar is tot dusver drie mense in KwaZulu-Natal, vier in Temba in die Tshwane-metro in Gauteng en ’n 23-jarige man in Lynnwood in Pretoria, in verband met soortgelyke oortredings in hegtenis geneem.

Meer oor:  Koronavirus  |  Fopnuus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.