Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaapse wetstoepasser wat glo SAPD-lid skiet, dán verhoor

Die wetstoepasser wat in Januarie na bewering ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Kaapstadse middestad doodgeskiet het, se saak is na die hooggeregshof in Kaapstad oorgeplaas.

Morne Horn (26) het Donderdag vlugtig in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord op konst. Thando Singcu verskyn.

Horn het hom in Oktober aan die Valke by hul kantore in Bellville oorgegee.

Die staat voer aan Horn het Singcu (38), wat in burgerlike drag was en met ’n geheime operasie besig was, op 7 Januarie geskiet omdat hy gedink het Singcu was ’n rower.

Konst. Thando Singcu

Singcu was verbonde aan die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor en was omstreeks 21:00 besig om ’n roofverdagte in Heerengracht, naby Burger King, vas te trek.

Twee wetstoepassers van die metro het op die toneel stilgehou toe hulle sien Singcu het ’n vuurwapen.

Die twee lede het Singcu uitgevra en hy het aan hulle probeer verduidelik wie hy is.

Skote is toe afgevuur en die konstabel is noodlottig gewond.

Die roofverdagte is ook gewond en is hospitaal toe gebring. Hy het die voorval oorleef.

Singcu was besig om die verdagte in hegtenis te neem nadat hy in besit van dwelms betrap is.

Horn is met sy eerste verskyning op borgtog van R5 000, gepaardgaande met streng voorwaardes, vrygelaat.

Richard Bosman, die metro se uitvoerende direkteur van veiligheid, het in Oktober gesê die metro sal verseker dat die borgtogvoorwaardes – dat hy op administratiewe diens geplaas word en nie ’n vuurwapen mag dra nie – nagekom word.

Horn sal op 12 Maart 2021 in die hooggeregshof verskyn vir ’n voorverhoor.

Meer oor:  Polisie  |  Valke  |  Bellville  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.