Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaapstad-metro se verlof tot appèl virtueel aangehoor

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag uitspraak voorbehou in die Kaapstad-metro se aansoek om verlof tot appèl teen ’n tussentydse interdik.

Ingevolge dié interdik mag die metro nie enige onwettige strukture afbreek nie.

Regter Shehnaz Meer en regter Rosheni Allie het die aansoek om verlof tot appèl virtueel aangehoor.

Dieselfde regters het einde Augustus die tussentydse interdik toegestaan wat die metroraad se eenheid teen onwettige grondbesetting verhoed om mense uit hul blyplekke te sit of enige strukture te vernietig terwyl die inperking van krag is.

Die Menseregtekommissie (MRK) en die EFF het die hof spesifiek gevra vir ’n bevel wat grondeienaars sal verhoed om onbewoonde strukture te verwyder ten einde grondbesettings te voorkom.

Die hofaansoek volg op die omstrede uitsetting van Bulelani Qolani wat in Julie naak uit sy struktuur in Khayelitsha verwyder is.

Die hofaansoek volg op die omstrede uitsetting van Bulelani Qolani wat in Julie naak uit sy struktuur in Khayelitsha verwyder is.

Adv. Sean Rosenberg SC, vir die metroraad, het aangevoer die hofbevel verhoed ’n staatsinstelling om sy grondwetlike verpligtinge na te kom.

Die metro word ook onherstelbare skade aangedoen in die tydperk wat die interdik van krag is, het Rosenberg betoog.

Hy sê as gevolg van die interdik kan die metroraad nie eiendom, wat geoormerk is vir ontwikkeling, beskerm nie.

“Hierdie was ’n ingrypende bevinding deur die hof,” sê Rosenberg.

Volgens Rosenberg het die regters nie die metroraad se bewyse in die aanvanklike aansoek heeltemal in ag geneem nie en daarom is daar “’n groot kans dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding sal kom”.

Adv. Norman Arendse SC vir die MRK het aangevoer dat die metro se aansoek om verlof tot appèl voortydig is omdat die tweede deel van die groter saak op 6 en 7 Oktober aangehoor word.

Indien die hof die aansoek toestaan, sal die hof genoop wees om volgende week se verhoor, uit te stel.

Volgens sy betoog kan aansoeke om verlof tot appèl eers ingedien word wanneer die volle saak aangehoor en daar uitspraak is.

Meer was bekommerd oor die implikasies van dié aansoek op die tweede deel van die verhoor.

Indien die hof die aansoek toestaan, sal die hof genoop wees om volgende week se verhoor, uit te stel.

Indien hulle nie die aansoek toestaan nie, sal die metroraad die appèlhof direk nader met dieselfde aansoek.

Indien die appèlhof die aansoek sou toestaan en aanhoor en ’n bevinding maak, kan dit verskil van Meer en Allie se bevinding in die tweede deel van die verhoor.

Al die partye was van mening dat aanstaande week se verhoor steeds kan voortgaan omdat die metro se aansoek om verlof tot appèl dit nie beïnvloed nie.

• Intussen het die EFF en die Legal Resource Centre (LRC) partye in die saak geword.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook op 28 September aansoek gedoen om as amicus curiae (vriend van die hof) op te tree teen die MRK en EFF.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.