Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kaithlyn Wilson (5) se moordenaar kry lewenslank

Kaithlyn Wilson (5) wat in 2017 in Riebeek-Wes in die Swartland vermoor is, se moordenaar is Dinsdag gevonnis.

Kaithlyn Wilson is in Julie 2017 vermoor. Foto: Facebook/ Yvonne Wilson

Jonathan Heyns, wat aan haar moord skuldig bevind is, is lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Kaapstad opgelê. Heyns was tot kort voor Kaithlyn se moord Yvonne Wilson, die kind se ma, se kêrel.

Heyns se medepligtige, August Swarts, is tot ses jaar tronkstraf vir sy aandeel in die moord gevonnis.

Kaithlyn het die oggend van 30 Julie 2017 spoorloos verdwyn en haar lyk is later op ’n plaas in die omgewing gekry. Daar was ’n waslap in haar mond en daar was kleefband oor haar mond geplak. Sy het versmoor.

Billy Claasen, uitvoerende direkteur van die Rural and Farmworkers Development Organisation, het Dinsdag die vonnisse verwelkom.

“Dit moet ’n sterk boodskap uitstuur aan diegene wat vroue en kinders mishandel en vermoor.”

Claasen sê Kaithlyn se familie kan nou berusting vind en die helingsproses kan begin.

Meer oor:  Kaithlyn Wilson  |  Hof  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.