Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kameeldrift: Vrou se 2 moordenaars sit lewenslank

’n Sterk boodskap is nodig, daarom is twee “beroulose” moordenaars tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ephraim Semake (27) en Dolph Sambok (45) is Woensdag swaar gestraf weens die moord op Riekie Steenberg (51) van Kameeldrift in Pretoria.

Sy is vier jaar gelede in ’n huisroof doodgeskiet. Haar man, Jurie Steenberg (54), is gewond, maar het die aanval oorleef.

Dolph Sambok (45) (regs) en Ephraim Semake (27) Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria toe hulle ter strafverligting getuig het. Foto: Isabel Venter

Jurie se vorige vrou, Suna, is in April 2010 ook in ’n aanval vermoor, maar niemand is nog weens haar moord aangekeer nie.

Regter Hennie de Vos het in die hooggeregshof in Pretoria gesê dit is vir hom duidelik dat Semake en Sambok geen berou het nie.

Geweldsmisdaad in die Kameeldrift-gebied vier hoogty en mense wat op kleinhoewes bly, ly geweldig weens misdaad, het De Vos gesê.

“Die gemeenskap moet beskerm word.”

Riekie en Jurie Steenberg
Riekie en Jurie Steenberg.

Jurie het vroeër gesê hy het sy eiendom in Kameeldrift verkoop ná Riekie se dood. Sy lewe het onherroeplik verander, het Jurie in ’n verklaring aan die hof gesê.

Riekie se familie het ook in ’n verklaring gevra vir geregtigheid nadat hul geliefde ma, tannie en suster wreed van hulle ontneem is.

De Vos het ook sy ontsteltenis uitgespreek dat inwoners hul veiligheidsmaatreëls teen groot onkoste opskerp, sonder dat dit help.

“Dié soort oortredings moet gestraf word met die volle mag van die howe, sodat mense die les kan leer dat menselewens en eiendom uitgelos en beskerm moet word.”

Jurie Steenberg, wie se tweede vrou ook in ’n plaasaanval vermoor is. Foto: Deaan Vivier

De Vos het Sambok en Semake gevolglik tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens moord.

Hulle is ook gevonnis tot 15 jaar tronkstraf weens gewapende roof, agt jaar tronkstraf weens huisbraak met die doel om te roof, en nog 15 jaar elk weens poging tot moord (op Jurie).

Sambok is ook gevonnis tot 25 jaar tronkstraf weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Semake is op dié aanklag 15 jaar tronkstraf opgelê.

Sambok is ook ’n bykomende vyf jaar gevangenisstraf opgelê weens die onwettige besit van ammunisie.

Al die vonnisse sal samelopend uitgedien word met die moordvonnisse.

De Vos het die twee se aansoek om verlof tot appèl teen hul vonnis van die hand gewys.

Meer oor:  Kameeldrif  |  Pretoria  |  Moord  |  Hof  |  Vonnisoplegging  |  Lewenslange Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.