Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Kamma-advokaat’ kry nie borgtog
Ntate Manoel Mabesa Woensdag in die beskuldigdebank van die Bloemfonteinse streekhof. Foto: ALZANE NARRAIN

Die borgtogaansoek van ’n man wat valslik as advokaat in Bloemfontein gepraktiseer het en wat vir jare die bedrogverhoor teen hom ontduik het, is in die streekhof in die stad van die hand gewys.

Streeklanddros Collin Nekosie het Woensdag in sy uitspraak in Ntate Manoel Mabesa (48) se aansoek om borgtog gesê daar is niks in die aansoek wat borgtog regverdig nie.

Mabesa is glo in 2012 met ’n vermoedelik vervalste graadsertifikaat in die Vrystaatse hooggeregshof as advokaat toegelaat.

Sy verskyningsbevoegdheid het laat in 2013 in die kollig gekom toe hy in ’n verhoor namens vier mans verskyn het wat na bewering in besit van vervalste geld was.

Landdros Nekosie sê sedert Mabesa se verhoor in 2015 op die hofrol geplaas is, het hy alles in sy vermoë gedoen om sy verhoor te ontduik.

Hy het telkens sy regsverteenwoordigers op die laaste oomblik afgedank en aan elke verskoning moontlik gedink om nie in die hof te pleit nie.

Landdros Nekosie sê hy beskou Mabesa as ’n vlugrisiko.

Mabesa het sedert 2016 die gereg voortdurend ontduik en kon nie opgespoor word nie, totdat hy in Mei vanjaar op ’n aanklag van diefstal in hegtenis geneem is.

Sy redes dat hy op 21 Oktober 2016, toe sy verhoor sou begin, siek was en sedertdien nooit die ondersoekbeampte of landdros kon opspoor nie, hou nie steek nie.

Landdros Nekosie sê hy beskou Mabesa as ’n vlugrisiko. “Daar is geen versekering dat hy nie weer sal verdwyn nie.

“Om ’n man weer op borgtog vry te laat wat van sy verhoor gevlug het en verdere misdade gepleeg het terwyl hy op vlug was, sal ’n bespotting van die regstelsel maak.”

Wanneer Mabesa weer volgende maand in die hof verskyn, sal ’n verhoordatum vasgestel word.

Hy bly in aanhouding.

Adv. Allan Simpson kla aan. Frank Botha tree vir Mabesa op. Kapt. Thabang Mokoena van die Valke is die ondersoekbeampte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.