Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kampsbaai-besetters: ‘Ons is slagoffers’
Sarah Summers, Xena Scullard, Lethabo Hanong en Vatheka Halile by die huis in Kampsbaai.

Die groep aktiviste wat uit protes vir langer as ’n week ’n luukse huis op Kampsbaai se strandfront beset, sê hulle is die slagoffers van haatspraak en doodsdreigemente.

“Ons het baie negatiewe kommentaar op sosiale media ontvang, waaronder twee doodsdreigemente,” sê die groep van die Queer Radical Feminist Activist Collective wat die huis beset onder die vaandel #WeSeeYou.

“Ons ly voortdurend onder aanlyn haatspraak. Die homofobiese, klassistiese, seksiste en rassistiese aandag wat ons ontlok het is giftig op maniere wat ons nie hier (in die verklaring) kan verduidelik nie.

“As queer mense is ons hier om te betoog oor verskeie kwessies, maar wat ons verenig is dat ons glo in menswaardigheid en ons reg om veilig te voel op die pragtige plekke waaruit ons geskiedkundig ontwortel is - plekke waar ons steeds nooit sal kan woon nie.”

Die luukse gastehuis teen die kus wat hulle beset, word gewoonlik vir minstens R4 000 per aand uitverhuur aan plaaslike en internasionale gaste.

Die luukse gastehuis teen die kus wat hulle beset, word gewoonlik vir minstens R4 000 per aand uitverhuur aan plaaslike en internasionale gaste. Die eienaar het die huis in 2000 gekoop en verhuur dit om ’n inkomste daaruit te verdien.

Voorheen is berig die groep aktiviste het ’n aanvanklike bespreking gemaak vir verblyf van 18 tot 21 September, en het R13 179,07 betaal.

Op 22 September het hulle die bestuurder per e-pos ingelig dat hulle nie gaan uittrek nie. Hulle het ook daaroor gepraat op hul sosialemediaplatforms.

Die groep is Kelly-Eve Koopman, Wewe Ngidi, Sarah Summers, Xena Scullard, Lethabo Hanong, Vatheka Halile en Devaarne Muller. Hulle het gesê hulle beset die huis uit protes teen buitensporige rykdom.

Hul verklaring Woensdag lui: “Daar is baie mense wat nie heeltemal verstaan waarom ons dit doen nie, en vergeet dat ons ’n uiteenlopende groep besetters is wat voortdurend genesende werk doen deur mekaar se ervarings te deel en soveel as moontlik van mekaar te leer.”

Hulle sê hulle sal “in die afwesigheid van regshulp” hulself Vrydag in die hof verteenwoordig in ’n dringende aansoek deur die eienaar en gastehuisbestuurder om hulle, asook enige ander mens wat geassosieer word met hulle, te laat verwyder.

In die bestuurder, Gabriela van Wyk, en die eienaar se hofstukke word aangevoer die eienaar kan tot R50 000 per maand verloor, benewens die skade aan die blyplek se reputasie en “moontlike diefstal”.

Die besetters meen die eienaar kan sonder die geld klaarkom.

“Dit is meer as wat jy maandeliks moet verdien om deel te wees van die top-1%-verdieners in die land. Die eienaar(s) wat in die buiteland gevestig is, verdien meer geld uit hierdie eiendom as wat ons top-1% verdien deur te werk.

“Baie mense sukkel om huur te betaal en ons werkloosheidsyfer is byna 40%. Hierdie vlak van ongelykheid moet gepak word en as aktiviste glo ons dat dit ons plig is om dit te pak.”

Van Wyk voer in hofstukke aan die aktiviste self is nie haweloos en brandarm nie en kan ander verblyf reël.

Verder is hulle geleerd en het hulle toegang tot skootrekenaars waar hulle die onwettige besetting en hul “politieke agenda” vanuit die huis op sosiale media bestuur, iets wat Van Wyk sê hulle doen om media-aandag te trek.

Die huis bevat duur meubels en toerusting wat daagliks deur die groep gebruik word en daar is reeds skade aan die huis opgemerk, voer sy aan.

“Ons wil almal bedank wat regtig geluister het na wat ons te sê het,” lui die aktiviste se verklaring.

“Dankie aan die wat ons ondersteun en die breër sosio-ekonomiese aspekte van hierdie artistieke protes en besetting besef. Ons sien jou.”

Meer oor:  Slagoffers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.