Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kansa-werker tronk toe oor bedrog van R300 000

’n Voormalige werknemer van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is vandeesweek in die streekhof in Bloemfontein tot twee jaar direkte tronkstraf gevonnis vir bedrog van meer as R300 000 by Kansa.

Phadi Jim Maboea (37) is Maandag skuldig bevind op 309 aanklagte van bedrog.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die bedrog is tussen Junie 2017 en Oktober 2018 gepleeg. Maboea was glo verantwoordelik vir die bestuur van een van die tehuise van Kansa in Bloemfontein.

Hy het glo die geld deur middel van koepons vir elektrisiteit gesteel. Koepons is glo meer as een keer op die boeke van Kansa aangeteken en só is die geld daarvoor geëis.

Maboea was vir sewe jaar in Kansa se diens in Bloemfontein.

Volgens Steyn is die bedrog op 11 Oktober verlede jaar ontdek toe dit met ’n interne ondersoek aan die lig gekom het dat Moboea betalings vir elektrisiteit gedupliseer het en so R308 998 in sy sak gesteek het.

Die Valke se eenheid teen ernstige handelsmisdaad het die saak ondersoek en het Maboea op 19 Maart vanjaar in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.