Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kêrel in hof ná hy meisie glo met byl voor ooggetuies vermoor

’n Man wat na bewering sy meisie, ’n oudleerling van die Hoërskool Punt in Mosselbaai, met ’n byl vermoor het, verskyn Woensdag in die hof nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die 34-jarige man het hom Sondag omstreeks 18:00 aan die polisie in Lwandle in die Strand oorgegee.

Naledi Phangindawo (26), is Saterdag vermoor toe sy ’n kulturele byeenkoms by ’n huis in Adriaanslaan in Kwanonqaba bygewoon het, luidens ’n verklaring.

Die man het Phangindawo glo na buite geroep. Sy is volgens ooggetuies sonder waarskuwing deur die man met ’n mes en ’n byl aangeval. Sy het wonde oral aan haar lyf, gesig en ledemate opgedoen, sê Pojie.

’n Ooggetuie het probeer om die man van Phangindawo af te kry, terwyl nog ’n ooggetuie gehardloop het om hulp te ontbied. Met die polisie se aankoms om 19:20 het die man weggehardloop en tussen huise in verdwyn.

Naledi Phangindawo. Foto: Facebook/Naledi Phangindawo

Phangindawo is na ’n hospitaal geneem, maar is met haar aankoms dood verklaar.

Die man sou Maandag van Lwandle na Mosselbaai oorgeplaas word. Hy sal Woensdag op aanklag van moord in die landdroshof in Mosselbaai verskyn.

Intussen stroom huldeblyke vir Phangindawo op Facebook in. Na verneem word het sy ’n verhouding met die man gehad. Sy het blykbaar die verhouding beëindig omdat hy glo gewelddadig was.

Vriende het op Facebook geskryf hulle is geskok oor wat met haar gebeur het en dat hulle haar glimlag en sprankelende geaardheid sal mis.

Luidens Phangindawo se Facebook-blad was sy voorheen ’n kajuitbeampte by die Greyhound-busmaatskappy. Ten tyde van haar dood het sy vir haarself gewerk en mense met gewigsprobleme gehelp.

Meer oor:  Polisie  |  Hoërskool Punt  |  Mosselbaai  |  Vermoor  |  Byl  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.