Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kêrel voor oor moord op Lindoor

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Woensdag sy skok en hartseer uitgespreek oor die gewelddadige dood van Clarissa Lindoor (27), wat vir ’n diensverskaffer van die US gewerk het.

Lindoor is Saterdagaand op die plaas Nietvoorbij in Stellenbosch tydens ’n stryery met haar kêrel vermoor.

Clarissa Lindoor (27) is Saterdag op ’n plaas in Stellenbosch vermoor. Foto: Verskaf

Voorheen is berig dat die paartjie se tweejarige seun by ’n buurvrou se huis was terwyl sy ma om haar lewe geveg het.

Luidens ’n verklaring deur Martin Viljoen, woordvoerder van die US, het Lindoor vir ’n maatskappy gewerk wat skoonmaakdienste by studentekoshuise op die Stellenbosch-kampus verskaf.

“Ons is geskok en hartseer. Die feit dat hierdie moord gepleeg is te midde van die huidige fokus op geslagsgegronde geweld in ons land, maak ons woede nog erger,” het prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, volgens die verklaring gesê.

“Ons betuig ons diepe medelye met me. Lindoor se familie en vriende. Haar dood moenie vergeefs wees nie – dit moet ons aanspoor om die stryd teen geslagsgegronde geweld te verskerp,” sê De Villiers.

Die universiteit was reeds in kontak met Lindoor se familie en sal ’n geldelike bydrae tot haar begrafniskoste maak.

Clarissa se ma, Meuray, het voorheen aan Netwerk24 gesê haar dogter is binne oomblikke wreed uit hul lewe geruk.

“Sy het doodstil gelê, bebloed en was erg geslaan en gesteek. Dis ’n prentjie wat vir ewig by my sal spook.”

Clarissa se kêrel, Diaan Swartz, het Dinsdag in die landdroshof in Stellenbosch op ’n aanklag van moord verskyn.

Die saak is tot 27 September uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.