Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kerkleier kry borg ná uitreik van vervalste doodsertifikaat vir vrou
Biskop Michael Sandlana, leier van die International Pentecost Holiness-kerkgroep, buite die landdroshof in Alexandra, Johannesburg, nadat hy op borgtog vrygelaat is. Foto: Lwandile Bhengu/News24

Biskop Michael Sandlana, leier van die International Pentecost Holiness-kerkgroep, is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is weens bedrog in verband met ’n doodsertifikaat wat uitgereik is vir sy vervreemde vrou wat nog lewe.

Die 60-jarige Sandlana en sy medebeskuldigdes Thabo Mosime, Oupa Mkhonza en Motome Ramothwala, ’n prokureur, het Maandag verskyn in die landdroshof in Alexandra, Johannesburg, waar hulle van bedrog aangekla word.

TimesLive berig Magalane Benedicta Sandlana (29), die vrou van Sandlana, het Vrydag ’n bedrogsaak ingedien nadat ’n doodsertifikaat op 14 April deur die departement van binnelandse sake vir haar uitgereik is.

Magalane het dit uitgevind toe sy probeer het om ’n banktransaksie te voltooi.

Sandlana is as die eksekuteur van sy “oorlede” vrou se boedel aangestel.

Adv. Barry Roux verteenwoordig die groep.

Mosime is ook op borgtog van R5 000 vrygelaat. Mkhonza en Motome is elk op R2000 vrygelaat.

Sowat 100 lede van Sandlana se kerkgroep het buite die hof gesing en gedans.

Die saak sal weer in Junie aangehoor word.


Meer oor:  Alexandra  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.