Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
FOTO'S: Kilian in hof oor Booth-moordplan

Die saak teen Zane Kilian (39) is Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad tot 10 November uitgestel.

Zane Kilian

Kilian het in die hof op onder meer aanklagte van sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, die onwettige onderskepping van kommunikasie en die Wet op Georganiseerde Misdaad (Poca)-verwante aanklagte verskyn.

Dit hou verband met die mislukte sluipmoordaanval op 9 April 2020 op William Booth, ’n bekende strafregprokureur in Kaapstad.

Die staat beweer dat Kilian ook Booth se selfoon nagespoor het.

Die staatsaanklaer, adv. Blaine Lazarus, het aan die hof gesê dat Kilian tot sy volgende hofverskyning in die Goodwood-gevangenis aangehou sal word. Dit is vir die ondersoekspan makliker om hom daar te gaan spreek en na die hof te neem.

Hy het ook gesê dat Kilian se regspan ’n aansoek wil bring dat sy borgtogaansoek in die Booth-saak saam met sy borgtogaansoek in die moordsaak van lt.kol. Charl Kinnear op 27 November aangehoor moet word.

* Twee gemaskerde mans het op 9 April omstreeks 07:10 op Booth geskiet waar hy in sy motorhuis by sy voertuig gestaan het. Hy is ongedeerd maar sy voertuig is vier of vyf keer getref.

Betroubare inligting in Netwerk24 se besit wys Booth se selfoon is die oggend van 9 April om 03:35:37 begin naspoor.

Daarna is dit weer om 06:05:15 en 06:05:51 gedoen.

Dit blyk dat die eerste drie pogings onsuksesvol was.

Die selfoon is daarna weer om 06:06:53 nagespoor. Die ligging was in Tafelbergweg, Kaapstad.

Hy het vermoedelik toe net klaar geoefen en eers toe sy selfoon aangesit. Sowat ’n uur later is by sy huis op Booth geskiet.

Zane Killian
Zane Kilian verlaat Dinsdagoggend die landdroshof in Kaapstad. Foto: Gallo Images
Zane Killian
Kilian het op aanklagte verskyn wat verband hou met die sameswering om William Booth om die lewe te bring. Foto: Gallo Images
Zane Kilian
Kilian het onder streng polisiebewaking in die hof verskyn. Foto: Gallo Images

Meer oor:  William Booth  |  Zane Kilian  |  Kinnear-Moord  |  Kaapstad  |  Moord  |  Hof  |  Hofverskyning  |  Moordverdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.