Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kilian vra borgtog ná 34 dae agter tralies

Meer as 34 dae nadat die man wat lt.kol. Charl Kinnear (52) se selfoon glo nagespoor het deur Wes-Kaapse speurders in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is, sal sy borgtogaansoek Maandag in die streekhof in Bellville begin.

zane
Zane Kilian

Zane Kilian (39), ’n voormalige professionele rugbyspeler wat onder meer vir die Valke en Griekwas uitgedraf het, is in die vroeë oggendure van Dinsdag 22 September 2020 deur Wes-Kaapse speurders by sy huis in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Kinnear, wat tot met sy moord ’n speurhoof by die Wes-Kaapse teenbende-eenheid was, is op 18 September 2020 voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, deur ’n onbekende man in ’n rooi kappietop doodgeskiet.

Kilian staan tereg op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige onderskepping van kommunikasie in verband met Kinnear se moord.

Die staat beweer Kilian het die bepalings van art. 49, saam gelees met art. 51 (b), van die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie en die Verskaffing van Kommunikasieverwante Inligting (Wet 70 van 2002) oortree.

Streng veiligheidsmaatreëls sal weer Maandag in die hof geld. Uniformlede van die bende-eenheid sal soos met Kilian se vorige verskynings in die landdroshof in Bishop Lavis, ’n veiligheidsbuffer tussen Kilian en ander hofgangers vorm.

Die staat voer onder meer aan Kilian het Kinnear se selfoon vanaf Maart 2020 tot omtrent 20 minute nadat hy doodgeskiet is nagespoor.

lt.kol. Charl Kinnear

Volgens Kilian het hy nie geweet Kinnear is ’n lid van die polisie nie. Hy het die selfoon glo nagespoor in opdrag van ene “Mohammed” wat glo aan hom gesê het dis sy vrou se nommer en dat “Mohammed” vermoed sy verneuk hom.

Die Mohammed wou glo weet waar sy vrou haar bevind.

Kilian se regsverteenwoordigers, adv. Eckhard Rosemann en die opdraggewende prokureur, Eric Bryer, sal onder meer aan die hof moet kan bewys dat Kilian wel ’n geregistreerde private speurder is en dat hy binne die raamwerk van die wet opgetree het toe hy Kinnear se selfoon nagespoor het.

Rosemann het tydens ’n vorige verskyning van Kilian in die landdroshof in Bishop Lavis gesê dat sy kliënt ’n private speurder is en daarom het hy wettig opgetree sou hy Kinnear se selfoon nagespoor het. Hy het ook ’n sertifikaat ingehandig ter stawing dat Kilian ’n private speurder is.

’n Netwerk24 ondersoek het egter getoon Kilian is nie by die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) geregistreer nie.

Psira-woordvoerder, Oupa Mamabolo, het ook bevestig Kilian is nie by dié organisasie geregistreer nie.

Meer oor:  Belville  |  Kaapstad  |  Hof  |  Zane Kilian  |  Kinnear-Moord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.