Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kilian-saak uitgestel weens siek landdros

Zane Kilian (39) se borgtogaansoek is Maandag in die streekhof in Bellville in Kaapstad tot 27 November uitgestel omdat die landdros siek is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het gesê dat ’n aanklag van bedrog teen Kilian ook by die saak gevoeg is. Die bedrogsaak hou verband met die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf- (Psira) sertifikaat wat Kilian se regsverteenwoordiger, adv. Eckhard Rosemann, twee weke gelede met Kilian se verskyning in die landdroshof in Bishop Lavis ingedien het.

Kilian staan tereg op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige onderskepping van kommunikasie in verband met lt.kol. Charl Kinnear (52) se moord.

Kinnear, wat tot met sy moord ’n speurhoof by die Wes-Kaapse teenbende-eenheid was, is op 18 September voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, deur ’n onbekende man in ’n rooi kappietop doodgeskiet.

Rosemann het met ’n vorige verskyning van Kilian in die landdroshof in Bishop Lavis gesê dat sy kliënt ’n private speurder is en daarom het hy wettig opgetree sou hy Kinnear se selfoon nagespoor het. Hy het ’n sertifikaat ingehandig ter stawing dat Kilian ’n private speurder is.

’n Netwerk24-ondersoek het egter getoon Kilian is nie by Psira geregistreer nie.

Kilian verskyn ook Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad op ’n aanklag van sameswering om moord te pleeg. Die aanklag hou verband met die nasporing van William Booth, ’n Kaapse regsgeleerde, se selfoon in April.

Meer oor:  Zane Kilian  |  Charl Kinnear  |  Kaapstad  |  Bishop Lavis  |  Bellville  |  Polisie  |  Moord  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.