Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Kind is nié ontvoer vir dwelmskuld’

Tharina Human, die voormalige onderwyseres wat die ontvoering van ’n sewejarige meisie van Vanderbijlpark beplan het, was nie met dwelms deurmekaar toe die ontvoering in September 2019 uitgevoer is nie, sê haar prokureur, David Mey.

Tharina Human luister Woensdag na haar vonnisoplegging in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Kort ná die ontvoering is WhatsApp-boodskappe rondgestuur waarin beweer is sy het die ontvoering beplan om dwelmskuld te delg.

“Wat wel waar is, is dat sy die ontvoering geïnisieer het en dat dit was omdat sy finansieel swaargekry het, maar dwelms was nie die dryfveer nie. Omdat sy die inisieerder van die misdaad was, is sy ook swaarder gestraf,” sê Mey.

Human en haar medebeskuldigdes, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi, het pleitooreenkomste met die staat aangegaan en is Woensdag in die hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg, gevonnis.

Human het vyf jaar tronkstraf vir poging tot afpersing gekry en 15 jaar vir die aanklag van ontvoering. Hiervan is vyf jaar opgeskort. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die ander beskuldigdes is effektief tot tussen vyf en agt jaar gevonnis.

“Dis baie belangrik vir my kliënt (Human) om nou werklik ’n pad van heling te stap. Sy het reg van die begin af gesê sy is skuldig en dat dit ’n baie dom ding was om te doen. Sy het ook aanhoudend aangedui dat sy graag met die meisie se ouers wil praat om alle onduidelikhede op te klaar.”

Hy sê die meisie se ouers het ingestem om Human te ontmoet.

Die meisie se ouers het volgens hom baie vrae en wil byvoorbeeld weet hoekom juis hulle gekies is.

“My kliënt het aangedui dat sy nie seker was oor of hulle baie geld het of nie, maar dat dit so voorgekom het uit haar vriendskap met die ouers. Dis ook vir haar baie belangrik dat almal moet weet die meisie se ma was nie betrokke by die ontvoering nie. Dit was vir haar só belangrik dat ons spesifiek daarna verwys het in die pleit­ooreenkoms,” sê Mey.

Die aanklaer het in die hof gesê die meisie se pa en sy familie het geglo dat haar ma by die ontvoering betrokke was. Die ma en pa is in Maart vanjaar geskei.

Die pa het later gesê ander faktore het tot hul egskeiding gelei.

Die meisie se pa, ma en oupa kon nie vir kommentaar bereik word nie.

¦ ’n WhatsApp-boodskap wat die ronde doen oor ’n sindikaat wat glo kinders in Suid-Afrika ontvoer, is vals, het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gister gesê.

“Daar is geen besonderhede in die boodskap oor die bewerings nie. Dis baie sleg as sulke boodskappe versprei word, want dit saai onnodige paniek en onsekerheid.”

As die polisie die mense agter dié waninligting opspoor, sal hulle in hegtenis geneem word, sê Naidoo.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.