Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kinders moet terug na pa

Drie jong kinders moet so gou moontlik op ’n vliegtuig na Thailand klim om verenig te word met hul pa nadat hul ma ’n hofstryd verloor het om hulle in Kaapstad te hou.

Sy het die kinders in Desember sonder hul pa se toestemming na Suid-Afrika gebring van Thailand, waar die egpaar gewoon en waar hul verhouding verbrokkel het.

Die vrou sê sy wil appelleer teen Dinsdag se uitspraak in die hooggeregshof deur regter Siraj Desai, maar sy het nie die geld nie.

’n Thaise hof het destyds besoekregte aan die man toegeken, maar die ma het geweier dat hy die kinders sien.

Desai het beslis dat die kinders teen 26 November na hul pa moet terugkeer kragtens bepalings van die Den Haagse konvensie oor internasionale kinderontvoering wat ingesluit is in die Kinderwet (Wet 38 van 2005). Die pa moet opdok vir alle reis- en verblyfkoste, asook vir terapeutiese steundienste in Engels wanneer die kinders terugkeer.

Die pa moet ook finansieel voorsorg tref dat die kinders vir ’n onbepaalde tyd in Thailand kan woon. Hy moet hul ma vir ses maande onderhou indien sy sou verkies om ook daarheen te reis om by hulle te wees.

Die ma is vroeër vanjaar in ’n Kaapse voorstad in hegtenis geneem en moet haar steeds soggens en saans by haar naaste polisiekantoor aanmeld.

Die paar is in 2007 getroud en het in verskeie lande gewoon voordat hulle hul uiteindelik in 2016 in Thailand gevestig het.

Hulle is in Junie 2018 geskei.

Volgens die vrou het sy gevlug omdat haar eksman na bewering hul dogter gemolesteer en gesellinklubs besoek het. Die ma het gesê die kinders is bang vir hul pa en dit het hul skoolwerk negatief beïnvloed.

’n Thaise hof het destyds besoekregte aan die man toegeken, maar die ma het geweier dat hy die kinders sien. Hy het haar gedagvaar, maar sy het ondanks die hangende hofsaak saam met die kinders teruggekeer na Suid-Afrika. Die pa het in Junie ’n hofaansoek ingedien en die polisie het die vrou en kinders se paspoorte gekonfiskeer.

Die pa het die bewerings van molestering en besoeke aan gesellinklubs ontken en gesê sy dogter was altyd bly om hom te sien en dat sy ná die egskeiding steeds by hom gekuier het.

Meer oor:  Thailand  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.