Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kinderverkragter van PE sit lewenslank

Liam Jones, ’n veroordeelde kinderverkragter, is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Jones is op 2 Julie verlede jaar skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en een van ontvoering.

Hy het op 29 Januarie 2011 ’n 18-jarige vrou by haar huis verkrag en op 29 Julie 2013 ’n vyfjarige meisie by haar huis gegryp en agter ’n kerk in die noordelike gebiede van Port Elizabeth verkrag.

Liam Jones gaan lewenslank in die tronk sit weens verkragting. Foto: Lulama Zenzile

Hy het die vyfjarige verkrag terwyl hy uit was op borgtog vir die verkragting van die 18-jarige.

Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van die meisie, en tot vyf jaar tronkstraf vir haar ontvoering.

Regter Nomawabo Msizi het Jones tien jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van die 18-jarige.

Msizi het tydens vonnisoplegging gesê die samelewing is woedend elke keer as ’n kind verkrag word.

Volgens Msizi het Jones geen berou getoon nie en is sy kans op rehabilitasie nul.

Dit het tydens vonnisverrigtinge aan die lig gekom Jones is die pa van vyf kinders, waarvan een dood is. Almal het verskillende ma’s. Jones is ongetroud.

Die hof is daarop gewys dat Jones glo in die tronk saam met die owerhede werk om onwettige bedrywighede in die tronk te ontbloot.

Adv. Mbulelo Nyendwana het namens die staat verskyn.

Meer oor:  Kinderverkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.