Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kinnear: Man in arres nadat moordwapen glo gekry is

’n Man wat glo in besit was van die Kinnear-moordwapen, het Maandag in die landdroshof in Goodwood verskyn.

Lede van die Valke, wat die moord op die 52-jarige lt.kol. Charl Kinnear ondersoek, het Ashley (Nokkies) Williams (39), ’n vermeende lid van die Terrible-bende van Avonwood, Elsiesrivier, in hegtenis geneem.

Williams het op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en die besit van dwelms verskyn.

Williams is glo die naweek by sy ma se woonstel in die Duneside-woonstelgebou in Avonwood in hegtenis geneem.

Ashley (Nokkies) Williams

Bronne het Maandag egter gesê hulle vermoed dat hy al verlede week in hegtenis geneem is en dat die Valke dit stilgehou het totdat die uitslag van die vuurwapen se ballistiese toetse ontvang is.

Volgens inligting het die Valke, wat polisielede van die georganiseerde-misdaadeenheid insluit, asook die polisie se taakspan en die teen-bende-eenheid glo op die woonstel toegeslaan nadat inligting ontvang is van ’n man wat moontlik in besit is van die vuurwapen waarmee Kinnear op 18 September 2020 doodgeskiet is.

Williams het glo by ’n venster probeer uitvlug toe hy die polisielede sien. Dit blyk dat hy na bewering die vuurwapen (’n 9 mm) op die dak van ’n nabygeleë huis gegooi het, waar die Valke dit toe glo gekry het.

’n Woordvoerder van die Valke, kol. Katlego Mogale, het Williams se inhegtenisneming Maandag bevestig.

Mogale het egter nie gesê presies wanneer hy in hegtenis geneem is nie.

Die saak teen Williams is tot 29 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

• Intussen sal Zane Kilian (39) Donderdag weet of hy op borgtog vrygelaat sal word.

Hy is vier dae ná die moord op Kinnear vir die moord in hegtenis geneem.

Kilian, wat sedertdien in aanhouding is, het in sy aansoek om borgtog aangevoer dat hy Kinnear nie vermoor het nie en nie weet wie agter die moord sit nie.

Volgens Kilian het hy slegs geldinvordering gedoen.

Meer oor:  Charl Kinnear  |  Elsiesrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.