Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klaers in Etzebeth-saak wil saam met MRK in hof staan

Die klaers in die haatspraakklag teen Eben Etzebeth wil die Springbokslot se jongste hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) help teenstaan.

Sammy Claassen van die Khoisan Defiance Campaign het Woensdagoggend namens die vier klaers van Langebaan in ’n verklaring gesê: “Ons sal van die toepaslike hof die reg versoek om aan te sluit by die MRK om Etzebeth se hofaansoek teen te staan.”

Eben Etzebeth voor die Springbokgroep se vertrek na Japan. Foto: Deaan Vivier

Volgens Claassen sal hulle ook vra dat die hof hulle moet toelaat om teenargumente in die hof namens die “slagoffers en ter verdediging van die MRK te kan maak”.

Die MRK het vroeër aangedui hy bestudeer nog Etzebeth se hofdokumente en dat dié kommissie later sal besluit of die aansoek teengestaan sal word of nie.

Vroeër is berig hoe Etzebeth – wat onder meer van aanranding en rassistiese beledigings deur die klaers beskuldig word – in hofstukke kennis gegee het van ’n aansoek teen die MRK om “sy besluit om sy ondersoek van die klag te staak” en ’n klag teen Etzebeth “in die gelykheidshof van stapel te stuur” ter syde gestel te kry.

Dié hofstukke is onlangs by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien.

Meer oor:  Mrk  |  Hof  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.