Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klag oor k-woord teen VF Plus-leier in Limpopo laat vaar

Die VF Plus se leier in Limpopo word nie meer weens crimen injuria vervolg nie nadat ’n video verlede jaar die ronde gedoen het waarin sy glo die k-woord gebruik.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.

Marcelle Maritz sê sy is verheug dat die klag teen haar laat vaar is en hou vol sy het nooit die k-woord gebruik nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het bevestig die klag teen Maritz is teruggetrek omdat daar te min bewyse was.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, sê die klag is weens te min bewyse op 14 Augustus in die landdroshof in Mokopane teruggetrek.

“Daar sal geen vervolging wees nie en die saak word as afgehandel beskou.”

Maritz is in September 2019 in Mokopane in hegtenis geneem nadat Beyer Smit, ’n DA-LP, probeer het om ’n klag van crimen injuria teen haar by die Polokwane-polisie aanhangig te maak. Die polisie het hom ingelig dat hy nie die klaer in die saak kan wees nie.

Mojapelo sê ’n klag van crimen injuria kan slegs ingedien word deur iemand wie se karakter aangetas is.

Nog ’n DA-lid het toe in Louis Trichardt ’n klag van crimen injuria teen Maritz aanhangig gemaak.

Dit nadat ’n video glo die ronde gedoen het van Maritz wat in 2017 in die Dierebeskermingsvereniging se kantoor in Mokopane na bewering die k-woord in ’n gesprek gebruik het.

In die video waarvan die klank swak is, kan ’n stem gehoor word wat na die Afrikaanse Protestantse Kerk as “ ’n kerk sonder k*ff*rs” verwys.

Die saak is van die Louis Trichardt-polisie na die Mokopane-polisie, waar die beweerde voorval gebeur het, oorgeplaas.

Riaan Smith, bestuurder van die VF Plus in Limpopo, sê die verspreiding van die video het groot skade aan Maritz se beeld aangerig en sy oorweeg regstappe.

Maritz was eers lid van die DA in Limpopo voordat sy haar by die VF Plus aangesluit het.

Die klag van crimen injuria wat teen Maritz ingedien is, het gelei tot ’n klag van haatspraak wat die Menseregtekommissie (MRK) in Limpopo teen Maritz ondersoek. Die MRK het die klag na die gelykheidshof verwys.

Die MRK in Limpopo het Dinsdag bevestig die klag is steeds hangend.

Meer oor:  Vf Plus  |  Marcelle Maritz  |  Limpopo  |  K-Woord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.