Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klag teen verkeersman van Bloem van rol geskrap

Die verhoor van ’n provinsiale verkeersman van Bloemfontein op ’n aanklag dat hy ’n bekende pastoor van die stad aangerand het, is van die hofrol geskrap omdat die polisiedossier weer eens nie by die hof was nie.

Vuyani Witbooi, die aanklaer, het in die landdroshof in Bloemfontein landdroshof gesê hy het sonder sukses probeer om die dossier van die ondersoek teen Robbie Mazibuko (48) van Turflaagte uit die polisie van die Parkweg-polisiekantoor in die stad te kry.

Past. Neville Goodchild. Foto: Alzane Narrain

Die polisie het die dossier op 14 Augustus gevat en dit nog nie weer teruggebring nie, het hy gesê.

Met ’n vorige verskyning van Mazibuko was die dossier ook soek.

Die staat het beweer hy het past. Neville Goodchild (42) van die Lewende Woord-tentkerk in die stad op 30 September 2016 op ’n parkeerterrein in Donald Murray-rylaan aangerand en ook sy bakkie beskadig.

Landdros Samanga Nteshe het, voordat hy die saak van die rol geskrap het, gesê in dié verhoor is daar ’n geskiedenis dat die dossier nie beskikbaar is nie.

Met ’n vorige verskyning was die aanklaer wat toé aangewys was, ook nie gereed om met die verhoor voort te gaan nie.

Goodchild was, soos met al Mazibuko se vorige verskynings, vandeesweek weer van vroeg die oggend by die hof, gereed om te getuig.

Hy beweer hy is verskeie kere op die blad, skouer, arm en in die gesig geslaan. Volgens hom het hy die hele tyd in sy bakkie bly sit en Mazibuko wou sy selfoon gryp.

Blykbaar het die probleme begin toe Goodchild ná ’n besoek aan ’n gimnasium in trurat by ’n hek uitgery het, terwyl Mazibuko en ’n kollega in ’n amptelike motor aangery gekom het.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkeersman  |  Pastoor  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.