Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klagte teen SAID-3 word teruggetrek

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gaan klagte terugtrek teen die drie voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat daarvan beskuldig is dat hulle lede was van ’n sogenaamde rogue-eenheid.

Die drie beskuldigdes is Ivan Pillay, Andries Janse van Rensburg en Johann van Loggerenberg 

Die NVG het die aankondiging Vrydagaand in ’n verklaring gedoen. 

Van links is Evelyn Groenink (Ivan Pillay se vrou), Pillay, Andries Janse van Rensburg en Johann van Loggerenberg Woensdagoggend in die Pretoriase landdroshof.Foto: Deaan Vivier

Die NVG sê ’n hersieningspaneel wat na die saak gekyk het, het sy werk afgehandel en ’n verslag met aanbevelings aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), voorgelê. “Ná ’n noukeurige beoordeling van die getuienis en ander tersaaklike materiaal is die eenparige gevolgtrekking van die paneel dat daar geen redelike vooruitsig vir suksesvolle vervolging is nie.

“Die paneel beveel aan dat alle klagte teen die beskuldigdes teruggetrek­ word.”  

Die saak teen die drie sloer al langer as tien jaar. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle vertroulike gesprekke van die Skerpioene en die NVG in 2006 en 2007 afgeluister het. Die klagte behels die oortreding van die Wet op die Onderskepping van Inligting en die Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting (Rica), asook die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, alternatiewelik korrupsie.

Die verdediging het reeds in Maart 2018 vertoë aan die NVG gerig en gevra dat die saak van die hofrol geskrap word. 

Bykomende vertoë, wat bestaan uit ’n dokument van meer as 4 000 bladsye, is aan Batohi, wat by adv. Shaun Abrahams as NDOV oorgeneem het, gegee. 

Ivan Pillay, Andries Janse van Rensburg en Johann van Loggerenberg in die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Isabel Venter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.