Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klant koop R7 m. se motors, maar kry dit nooit

’n Man wat ’n klant glo uit sowat R7 miljoen bedrieg het deur motors aan hom te verkoop, maar dit nie te lewer nie, het Maandag weens bedrog in die landdroshof in Klerksdorp verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring Gavin Katz (27) is op borgtog van R60 000 vrygelaat. “Die Valke het die verdagte, ’n direkteur by ’n vervoeronderneming, Vrydag in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem.”

Rikhotso sê Katz het na bewering ses motors aan sy vermeende slagoffer verkoop.

“Hy het dit glo nooit afgelewer soos wat hy met die klant ooreengekom het nie. Nadat die saak by die polisie aangemeld is, het dit aan die lig gekom dat die betrokke voertuie glo reeds aan ’n Klerksdorpse handelaar verkoop is – nog voordat die transaksie met die slagoffer aangegaan is.”

Volgens Rikhotso het dit ook geblyk vier van die ses motors het voertuig-identifikasienommers (VIN’s) wat nie bestaan nie.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 14 Mei uitgestel.

Meer oor:  Valke  |  Sandton  |  Johannesburg  |  Klerksdorp  |  Koop  |  Bedrieg  |  Motors  |  Verkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.