Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klapmuts-man in hof wat wag glo vasketting

’n Man van Klapmuts in die Wes-Kaap sal Vrydag in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n veiligheidswag op ’n plaas aangerand het.

Christoff Briers-Louw het na bewering op 21 Desember omstreeks 06:30 vir Curtley Pieterse van Groot Drakenstein aangerand.

Curtley Pieterse van Groot Drakenstein is voor Kersfees na bewering deur sy werkgewer aangerand. Foto: Facebook

Luidens Michelle Heyns se inskrywing op Facebook het Pieterse ’n verklaring uitgereik waarin hy sê Briers-Louw het hom met kettings aan ’n paal vasgemaak en hom ook met die kettings deur die gesig en oor sy lyf geslaan.

Pieterse, wat vir SPS, ’n sekuriteitsonderneming, werk, het ’n geskeurde verhemelte, ’n gebreekte neus en ribbes en geskeurde kuitspiere opgedoen.

Pieterse het die man in die middernagtelike ure ontbied om hom van verdagte aktiwiteite op die plaas bewus te maak.

Die man het blykbaar toe vir Pieterse daarvan beskuldig dat hy lieg en hom toe aangerand.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig Briers-Louw is dieselfde dag in hegtenis geneem en het op 22 Desember in die landdroshof in die Paarl verskyn.

Van Wyk sê die beskuldigde sal Vrydag weer in die hof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord.

“Die beskuldigde word in die Allandale-gevangenis aangehou tot sy aansoek om borgtog.”

Janno Briers-Louw, besturende direkteur van die plaas Eenzaamheid en ’n familielid van Briers-Louw, het vroeër gesê hulle is bewus van die bewerings, maar wil graag ’n paar feite regstel. “Hy (die beskuldigde) werk nie vir Eenzaamheid nie. Hy woon ook nie op die perseel nie. Hy huur slegs ’n skaapvoerkraal en het sy eie personeel. Dié veiligheidswag werk vir hom, nie vir Eenzaamheid nie,” het Janno Briers-Louw beklemtoon.

“Hierdie ding veroorsaak chaos omdat Eenzaamheid se naam genoem word. Ek wou dit net regstel.”

Meer oor:  Klapmuts  |  Aangerand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.