Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klerk gevonnis weens bedrog

’n Voormalige klerk van die Mpumalanga Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap is verlede week in die streekhof in Graskop gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.

Siphiwe Emily Mashinini (44) is vroeër skuldig bevind aan bedrog, diefstal en geldwassery. Haar medebeskuldigdes is ook swaar gestraf.

Mashinini het in 2011 as ’n klerk in die finansiële afdeling van die agentskap gewerk. Haar taak was om kleinsakeondernemings te betaal. In 2012 het sy die bankrekeningnommers van die diensverskaffers verander in dié van haar eksman, Mhlupheki Ngobeni, en hul onderneming.

Sy is saam met voormalige vriende en kollegas in hegtenis geneem, onder andere Thulisile Nkundla, haar huidige man, Mfeleni Louis Nkundla, Dinah Nkosi en Thulisile Maseko.

Hulle is van diefstal, bedrog en geldwassery aangekla nadat R5 miljoen na hul persoonlike bankrekeninge oorgedra is.

Hulle is almal skuldig bevind op 18 aanklagte van diefstal en sewe jaar gevangenisstraf, wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Die beslagleggingseenheid het op huise, voertuie en pensioenfondse beslag gelê.

Mashinini is ook beveel om binne vyf jaar R233 677 aan die agentskap terug te betaal.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê hulle verwelkom die skuldigbevinding en vonnisse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.