Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kommentator ‘skel my voor ander’ getuig SAUK-man

Die sportkommentator wat die SAUK dagvaar vir skadevergoeding van R1 miljoen omdat hy meen sy kontrak is voortydig beëindig is, het ’n kollega glo uitgeskel en gesê “black people are incompetent”.

Pieter van den Berg (60) voer aan sy kontrak van twee jaar is onregmatig en voortydig gekanselleer ná bewerings van rassisme teenoor ’n kollega.

Die SAUK staan die eis teen.

Pieter van den Berg in die hof.Foto: Hanti Otto

Musa Msomi, die betrokke kollega, het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria voor regter Elmarie van der Schyff begin getuig en gesê Van den Berg het om ten aanskoue van ander kollegas uitgeskel en gesê “black people are incompetent”.

Hy het ook getuig Van den Berg het hom verbied om met ’n bottel water by die kommentaarhokkie in te gaan, terwyl twee ander wit afrigters wel toegelaat is om met hul drinkgoed in te gaan.

Van den Berg is bekend as ’n rugbykommentator op RSG. Hy werk al 34 jaar op ’n kontrakbasis vir die SAUK. Hy is ’n lid van die vakbond Solidariteit wat hom in die saak steun.

Hy sê die klag van rassisme teen hom is gefabriseer.

Magdaleen Kruger, stasiehoof van RSG, het Vrydag getuig Van den Berg is al so lank daar dat hy eintlik al deel van die kantoor se meubels is. Sy ken hom nie as iemand wat rassistiese opmerkings sal maak nie.

“Dit strook nie met sy karakter nie.”

Die beweerde voorval was op 7 Mei 2015 in die Kingspark-stadion in Durban by ’n wedstryd tussen die Sharks en die Hurricanes waar Van den Berg ’n kommentator was.

Van den Berg het Woensdag getuig dat hy die Saterdag op die lughawe geland het, waar Sandile Sibisi, vervaardiger, hom en nog ’n kommentator, Thando Gqamane, moes oplaai. Sibisi moes ook hul akkreditasie vir hulle gee.

Hy het egter nie opgedaag nie en hulle moes ’n Uber-taxi bestel.

Van den Berg moes uiteindelik ook ’n ander plan met sy akkreditasie en vervoer na die stadion maak. Die uitsaaitoerusting was ook nie reg opgestel nie.

Msomi het die toerusting reg gaan opstel.

Daarna het Sibisi opgedaag en glo erg na drank geruik, het hy getuig.

Volgens Msomi se getuienis het Van den Berg Sibisi toegesnou dat hy na ’n sjebeen ruik.

Hy het verder getuig dat hy nie kon verstaan hoekom hy ook onder Van den Berg se woede deurgeloop het nie. Hy sê hy het net professioneel probeer bly en gesorg dat die wedstryd uitgesaai word.

Die saak tot einde September uitgestel vir die afhandeling van sy kruisondervraging.

Meer oor:  Sauk  |  Rsg  |  Dagvaarding  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.