Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kommer dat Agrizzi nie in hof kan verskyn

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-werknemer en fluitjieblaser, is in die hospitaal opgeneem.

Adv. Mannie Witz, wat deel is van Agrizzi se regspan, het aan Netwerk24 gesê Agrizzi is van die Johannesburgse tronk na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

“Sy gesondheid het drasties verswak en hy moes dringend na die hospitaal oorgeplaas word, sê Witz.

Daniel Witz wat ook deel is van Agrizzi se regspan, het Donderdag bevestig dat hy reeds appèl aangeteken het teen die uitspraak Woensdag van die landdroshof in Palm Ridge, Johannesburg, waarin hy borgtog geweier is.

Agrizzi het hom Woensdag aan die polisie oorgegee. Landdros Phillip Venter het sy aansoek om borgtog geweier omdat hy as ’n vlugrisko beskou word. Agrizzi het nagenoeg R24 miljoen na ’n buitelandse bankrekening oorgeplaas en ’n eiendom van €880 000 saam met ’n luukse voertuig in Italië gekoop. Sy Italiaanse paspoort is ook weg.

Agrizzi staan ter’nreg op aanklag van korrupsie van R800 000 nadat hy na bewering Bosasa-geld aan Vincent Smith, voormalige ANC-LP, oorbetaal het.

Sy gesondheid het drasties verswak en hy moes dringend na die hospitaal oorgeplaas word.

Met Smith se eerste verskyning op 1 Oktober was Agrizzi weens gesondheidsprobleme afwesig en Smith is op borgtog van R30 000 vrygelaat.

Hy het Woensdag vlugtig saam met Agrizzi verskyn, maar is verskoon toe Agrizzi se borgtogverhoor begin het.

Agrizzi het Woensdag deurgaans suurstof van ’n draagbare suurstofmasjien ontvang.

Agrizzi het in 2016 ’n ernstige hartaanval gehad. Daar is, volgens Witz, toe ’n gewas op sy hart gekry.

“Hy sukkel sedertdien met sy hart en is nou permanent aan suurstof gekoppel. Ek het verwag dat die tronk vir hom ’n probleem gaan wees omdat hulle doodeenvoudig nie die nodige mediese toerusting het om hom te behandel nie. Toe sy suurstof silinder leeg raak het die probleme begin.”

Agrizzi se gesondheid is een van die punte waarop sy regspan appèl aanteken teen die borgtoguitspraak. Luidens die appèl het Venter nie genoeg oorweging gegee aan Agrizzi se “chroniese toestand”, ’n gebrek aan mediese fasiliteite in die tronk, komorbiditeite en Covid-19 nie.

Agrizzi se span teken op 30 punte appèl aan wat insluit: sy ouderdom, sy bereidwillighied om met die staat saam te werk, ’n gebrek aan bewyse dat die staat ’n sterk saak teen hom het en dat Agrizzi se verduidelik vir sy buitelandse beleggings en rekeninge nie in ag geneem is nie.

Die departement van korrektiewe dienste het Agrizzi se opname in ’n verklaring bevestig.

Mannie Witz sê hy is nie seker of Agrizzi Vrydag se hofverrigtinge in die handelshof in Pretoria sal kan bywoon nie. “Hy lyk nie goed nie. Hy was altyd baie opgeruimd, maar sy gesondheid is besig om vinnig agteruit te gaan.”

Kliek hier om Agrizzi se volledeige appèlaansoek af te laai nadat hy borgtog geweier is.

Hy sukkel sedertdien met sy hart en is nou permanent aan suurstof gekoppel. Ek het verwag dat die tronk vir hom ’n probleem gaan wees omdat hulle doodeenvoudig nie die nodige mediese toerusting het om hom te behandel nie. Toe sy suurstof silinder leeg raak het die probleme begin.

Meer oor:  Staatskaping  |  Bosasa  |  Angelo Agrizzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.