Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Jolyt toe hof man van Montana borgtog weier

Luide applous en singery het Vrydag in die hof uitgebreek toe Leon Coetzee van Montana in Pretoria borgtog geweier is.

Coetzee word van moord aangekla nadat hy op 26 April vir Themba Thabethe, wat in dieselfde kompleks as hy gewoon het, drie maal met ’n mes gesteek het.

Die hof het bevind dat hy nie buitengewone omstandighede kon bewys wat sy vrylating regverdig nie.

Volgens die landdros is Thabethe se dood voorafgegaan deur boodskappe op die kompleks se een WhatsApp-groep en dit is duidelik dat daar rassespanning ontstaan het.

Thabethe is op 1 Mei in die hospitaal dood.

Leon Coetzee
Leon Coetzee toe hy Woensdag in die hof verskyn het. Foto: Deaan Vivier
EFF, leon, hof
'n Plakkaat met 'n foto van Themba Thabethe is by die hof opgesit. Foto: Hanti Otto

Lede van die EFF en ANC het Vrydagoggend die staalhek na die landdroshof afgebreek om toegang tot die gebou te kry waar Coetzee om borgtog sou aansoek doen.

Die EFF- en ANC-lede wat teen Coetzee se vrylating betoog het, het opgedaag met luide musiek en opnames van geweerskote.

Hofpersoneel het aan die oproerigte groepe verduidelik weens Covid-19-regulasies word daar nie so baie mense binne toegelaat nie.

Die mense het egter teen die glasdeure bly slaan.

Coetzee se regspan het die hof se ingangsportaal ná dreigemente verlaat. Hulle is toe by ’n agteringang ingelaat.

Die polisie is na die toneel ontbied. 

eff
Die struweling tussen veiligheidswagte en die betogers. Foto: Deaan Vivier
EFF
Veiligheidswagte probeer EFF-lede keer om by die hof in te gaan, nadat betogers 'n veiligheidshek buite die gebou afgebreek het. Foto: Deaan Vivier
Deaan Vivier
EFF
Die veiligheidshek wat afgebreek is. Foto: Hanti Otto

Meer oor:  Pretoria-Noord  |  Landdroshof  |  Kompleks  |  Moord  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.