Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Konstitusionele hof lewer vandag uitspraak oor US-taalbeleid

Die konstitusionele hof lewer Donderdag uitspraak in ’n bepalende saak wat die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit Stellenbosch (US) behels.

Die drukgroep Gelyke Kanse doen aansoek om die US se taalbeleid van 2016 tersyde te stel.

Waar Afrikaans ingevolge die 2014-beleid gelyke status met Engels geniet het, word daar in die 2016-beleid voorkeur aan Engels as taal van onderrig gegee.

Studente kan wel in Afrikaans klasloop as dit redelik en prakties uitvoerbaar is.

In groot fakulteite kan klasse opgedeel word sodat sommige klasse in Afrikaans plaasvind.

Gelyke Kanse het die konstitusionele hof genader nadat die hooggeregshof in Kaapstad in 2017 teen hom beslis het.

Gelyke kanse sê die US het geen verduideliking gegee oor hoekom hy sy taalbeleid in 2016 verander het nie.

Toe daar in 2015 oor die taalbeleid gestem moet word, het studente op die land se universiteitskampusse om gelyke toegang tot tersiêre onderrig betoog. By die US het die studentebeweging Open Stellenbosch (OS) uitgevaar teen die taalbeleid, wat volgens hom Engelse swart studente uitgesluit het.

Een van Open Stellenbosch se betogings in 2015. Foto: Edrea du Toit
Edrea du Toit

Gelyke Kanse beskuldig die US daarvan dat hy met sy besluit onder die druk van die studentebetogings geswig het sonder om die regte van moedertaalsprekers in ag te neem.

Die US ontken dat hy die taalbeleid weens politieke druk of betogings verander het. Die universiteit sê hy het só besluit om meertaligheid te bevorder en dit makliker te maak vir Engelse swart studente om daar te studeer.

Meer oor:  Johannesburg  |  Afrikaans  |  Us-Taalbeleid  |  Konstitusionele Hof  |  Taalbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.