Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Konstitusionele hof verwerp OB se aansoek oor ‘geheime eenheid’

Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het haar aansoek vir direkte toegang tot die konstitusionele hof verloor om die beslissing van die hooggeregshof in Pretoria uit te daag wat haar regstellende stappe teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, ter syde gestel het.

Dit hou verband met haar verslag in Julie 2019 oor die beweerde geheime eenheid, of “rogue unit”, in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die EFF, wat hom aangesluit het by Mkhwebane se saak in die hooggeregshof, het ook die konstitusionele hof in Johannesburg genader vir direkte toegang om te appelleer teen die hooggeregshof se beslissing.

Adv. Busisiwe MkhwebaneFoto: Felix Dlangamandla

Die konstitusionele hof het albei die partye se versoek verwerp.

“Dit was in hierdie omstandighede korrek en geregverdig van die hooggeregshof om die regstellende stappe ter syde te stel. Dit is ’n verdere rede vir waarom (hierdie hof) tot die slotsom kom dat daar op die meriete van die saak geen vooruitsig op sukses (vir ’n appèl) is nie.”

Die konstitusionele hof het ook die hooggeregshof se bestraffende kostebevel teen Mkhwebane in haar persoonlike hoedanigheid ter syde gestel en beveel dat die Kantoor van die Openbare Beskermer die regskoste van Gordhan en die voormalige SAID-amptenare Ivan Pillay en Oupa Magashula moet betaal, asook twee van hul regsverteenwoordigers in die hooggeregshof.

Die hooggeregshof se tussentydse bevel is aan pres. Cyril Ramaphosa toegestaan om die regstellende optrede teen Gordhan stop te sit aangaande die stigting van die beweerde geheime eenheid in die SAID in 2007 toe Gordhan nog kommissaris van die SAID was.

Die OB het in haar verslag bevind dat die daarstelling van dié eenheid in die SAID onwettig was en dat dit op onwettige wyse intelligensie ingesamel het.

Meer oor:  Ob  |  Eenheid  |  Geheime  |  Hof  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.