Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Konsultant kry opgeskorte vonnis vir belastingbedrog

’n Belastingkonsultant van Bloemfontein wat valse belastingopgawes namens ’n beslote korporasie sonder magtiging by die ontvanger van inkomste ingedien het, is Donderdag in die streekhof tot 12 maande tronkstraf gevonnis wat in geheel vir drie jaar opgeskort is.

Ritondeni Luvhengo (39) is ook tot ’n verdere 12 maande tronkstraf gevonnis wat in geheel vir drie jaar opgeskort is nadat hy skuld op 48 aanklagte van oortredings van die Wet op Belastingadministrasie beken het.

Sy verskyning spruit uit valse belastingopgawes wat hy namens Novel Molefi Constructions, handeldrywend as Urban Projects, tussen Februarie 2014 en Oktober 2016 by die ontvanger van inkomste ingedien het.

Luidens die klagstaat het Luvhengo, wat in die tydperk by Luwisa Accountants and Consultants werksaam was, het tussen 2014 en 2018 voorgegee dat die maatskappy gedurende dié tyd nie handel gedryf het nie. Hy het ook sonder hul magtiging opgawes namens die maatskappy ingedien.

In ’n pleitverduideliking sê hy dat hy bewus was dat hy nie sonder die lede van die beslote korporasie se medewete en magtiging voorgegee het dat hulle nie in die tyd handel gedryf het nie.

Hy erken dat sy optrede verkeerd, onwettig en opsetlik was en daarom beken hy skuld op die aanklagte.

Adv. Wellington Sampisi het aangekla.

Die Strafregtelike Ondersoekeenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in Kimberley het die saak ondersoek.

Meer oor:  Belasting  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.