Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Kosreus rem aan saak oor listeriose’

Die menseregteprokureur Richard Spoor beskuldig Tiger Brands daarvan dat hy die groepsgeding oor listeriose probeer vertraag.

Meer as 700 mense wat deur dié uitbreking twee jaar gelede geraak is, is by die geding betrokke.

Tiger Brands se Enterprise-aanleg in Polo­kwane is in 2018 geïdentifiseer as die hoofbron van die listeriose-uitbreking wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as die grootste ter wêreld bestempel is. Meer as 200 mense is dood.

Hoe hoër die koste van die hofsaak, hoe minder gaan mense uiteindelik kan eis.

Spoor sê Tiger Brands se hofaansoek dat die uitslag van epidemiologiese toetse openbaar gemaak word, is ’n poging om tyd te wen.

Die hooggeregshof in Johannesburg het verlede week opdrag gegee dat ander vleisverwerkingsmaatskappye hul roetine-toetsuitslae in die tydperk van die listeriose-uitbreking teen einde Julie verskaf. Dit was op versoek van Tiger Brands.

Spoor sê dié versoek is deel van die maatskappy se strategie om die saak uit te rek, want hoe langer dit neem, hoe meer gaan dit kos. “Hoe hoër die koste van die hofsaak, hoe minder gaan mense uiteindelik kan eis.”

Volgens hom hoop Tiger Brands ook om inligting in sy “visvangekspedisie” te bekom wat hom in sy saak kan help.

“Ons glo nie Tiger Brands sal iets in hierdie dokumente vind om sy aanspreeklikheid te ontduik vir die skade wat deur die listeriose-uitbreking veroorsaak is nie.”

Nevashnee Naicker, Tiger Brands-woordvoerder, ontken die maatskappy is besig met ’n “visvangekspedisie”.

Meer oor:  Richard Spoor  |  Listeriose  |  Tiger Brands
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.