Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kroegeienaar kry 2 j. tronkstraf oor geraas

’n Kroegeienaar van Soshanguve buite Pretoria is tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir die oortreding van Gautengse geraasbeheerregulasies.

Phillip Mafata (44) is in die Soshanguve-landdroshof op 26 klagte skuldig bevind wat met geraasbesoedeling verband hou.

Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, het die stad se munisipale gesondheidsdienste die saak hof toe gevat nadat Kenneth Sithebe, ’n buurman, ’n klag ingedien het.

Sithebe het gesê die geraas by die kroeg het “lyding in die buurt” veroorsaak, want die musiek is tot in die vroeë oggendure gespeel.

Die metro het Sithebe aangehaal: “Die marteling van vier jaar se slapelose nagte vir my en my gesin sal hopelik tot ’n einde kom. Ek is gelukkig met die hof se besluit. Ek hoop dit stuur ’n sterk boodskap aan diegene wat hul besighede tot die nadeel van ander bestuur en ernstige sielkundige skade berokken.”

Mafata is voorheen R12 000 beboet vir die oortreding van geraasbeheerreggulasies nadat hy skuld erken het. Die helfte van die boete is vir drie jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind word binne die opgeskorte tyd nie.

Landdros J.C. Kruger het gedurende die vonnisoplegging gesê die gemeenskap verwag geregtigheid van die howe en ’n tronkvonnis is ’n gepaste straf vir Mafata.

Meer oor:  Pretoria  |  Geraas  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.