Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kroonstad-boer, nog 3 Maandag in hof
Pieter Swart
Pieter Swart Foto: verskaf

Die Kroonstadse boer Pieter Swart (37) wat op drie moordklagte in hegtenis geneem is, het ’n groot kanon se hulp ingeroep om hom te verdedig, sou hy vervolg word.

Adv. Piet Pistorius sal Maandag namens Swart in die landdroshof in Kroonstad verskyn indien hy wel van moord aangekla word.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal Maandag sy besluit hieroor bekend maak.

Pistorius, van Gauteng, het reeds talle hoëprofielverhore behartig.

Swart is tans onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy Donderdag drie vermeende plaasaanvallers doodgeskiet het.

Polisielede was Donderdagmiddag nog op die moordtoneel op Pieter Swart se plaas besig en het onder meer ’n aantal jaggewere geïnspekteer. Foto: Alet van der Walt

Die polisie het die naweek steeds die name van die drie weerhou en sê hul naasbestaandes moet eers opgespoor en in kennis gestel word.

Swart, ’n boer en evangelis, het Donderdagoggend in ’n WhatsApp-boodskap hulp ontbied en gesê hy is op sy plaas buite die dorp aangeval.

Swart het aan die polisie gesê hy is met ’n mes in sy kop en nek gesteek en het uit noodweer sy aanvallers doodgeskiet.

Hy is Donderdag in die ongevalleafdeling van ’n hospitaal behandel, maar nie opgeneem nie. Hy is egter later die dag op drie aanklagte van moord in hegtenis geneem.

Hy is hierna in die hospitaal opgeneem.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het in ’n mediaverklaring gesê Swart is in hegtenis geneem omdat sy weergawe van die gebeure nie ondersteun word deur dit wat die polisie op die misdaadtoneel gesien het nie.

“Wanneer dit lyk asof iemand die wet onder die voorwendsel van selfverdediging oortree het, moet moordklagte geregistreer word,” het Makhele Vrydag gesê.

Forensiese kenners het Donderdagmiddag jaggewere op die toneel geïnspekteer, maar dit is nie seker of een van dié gewere tydens die voorval gebruik is nie.

Drie ander mense, ’n vrou en twee mans, is ook in hegtenis geneem.

Makhele sê dié drie word aangekla dat hulle saamgesweer het om ’n misdaad te pleeg.

Die drie sal ook Maandag in die hof verskyn en word volgens ’n voorlopige ondersoek met die drie oorledenes verbind.

Meer oor:  Pieter Swart  |  Plaasaanval  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.