Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Krugersdorp-moorde: Sake voor vonnis dalk vandag reeds afgehandel

Die drie veroordeelde Krugersdorp-moordenaars se voorvonnisverrigtinge word Donderdag dalk afgehandel.

Cecilia Steyn (38), Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) verskyn weer in die hooggeregshof in Johannesburg waar die staat en verdediging oor die voorvonnisverslae sal betoog.

Die drie is in Junie vanjaar skuldig bevind aan onderskeidelik 32, 22 en 21 aanklagte wat 11 wrede moorde insluit.

Die hof het Maandag gehoor Cecilia was ’n “goeie vrou vir haar man, goeie ma vir haar kinders en ’n modelgevangene”.

Die hof het ook gehoor Zak kom uit ’n “goeie, Christen-huis”, maar was volgens sy ouers “beïnvloedbaar en goedgelowig”.

Volgens die staat is daar geen substantiewe en dwingende getuienis vir die afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis in Zak en Cecilia se sake aangetoon nie.

Krugersdorp, voorvonnisverrigtinge
Zak Valentine en Cecilia Steyn vroeër die week in die hof. Foto: Simon Sonnekus
Krugersdorp, voorvonnisverrigtinge
Cecilia Steyn luister na die voorvonnisverrigtinge. Foto: Simon Sonnekus

Wat Marcel betref, het twee proefbeamptes tot ’n uiteenlopende slotsom oor haar berou gekom.

Volgens ’n maatskaplike werker toon Marcel tans geen berou oor haar dade nie, wat volgens die maatskaplike werker strafverswarend behoort te wees, terwyl ’n sielkundige getuig het sy is wel berouvol en dat haar afgestomptheid net ’n “coping”-meganisme is.

Marcel Steyn vroeër tydens die moordverhoor. Foto: Simon Sonnekus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.