Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kunstenaar se vrou in aanhouding tot sy borg betaal
Sophia Meyer (29), die vrou van die bekroonde landskapskilder Walter Meyer, het Vrydag in die landdroshof op Upington 'n formele borgtogaansoek gebring. Foto: Anena Burger

Die kunstenaar Walter Meyer het sy vrou, Sophia, na bewering tydens ’n rusie voor die bors gegryp, waarna sy ’n mes in die kombuis gaan haal en hom daarmee gesteek het.

Só lui ’n verklaring deur Sophia Meyer wat deur adv. Chris Wessels Vrydag tydens ’n formele borgtogaansoek aan die landdroshof op Upington voorgelees is.

Sy het op ’n skedulevyf-borgtogaansoek verskyn en het telkens omgedraai om vir familie en vriende te glimlag.

Suzette Kriel, ’n vriendin van Walter wat herberg aan die kunstenaar gebied het, het tydens die hofverrigtinge stip voor haar uitgekyk, maar was ontsteld toe Sophia die hofsaal binnegekom het.

Die verdediging het in die aansoek aangevoer dat Sophia geen lasbriewe of sake teen haar hangende het nie.

Sophia het telkens omgedraai om vir familie en vriende te glimlag.

Die verdediging het R1 500 as borgtog aangebied.

Die staat onder leiding van die senior staatsaanklaer, Armando Damarah, het nie die aansoek teengestaan nie, maar streng borgvoorwaardes versoek.

Damarah het ’n verklaring deur die ondersoekbeampte, ao. Steven Roos, aan die hof voorgelees.

Luidens dié verklaring het die rusie tussen Walter en Sophia oor geld gegaan.

Die borgvoorwaardes wat aan die hof voorgelê is, bepaal dat Sophia geen kontak met Catherina Scheepers, Walter se gewese vrou, en haar kinders, Sonja en Gert, mag hê nie.

Sy mag ook geen kontak hê nie met haar en Walter se minderjarige kind, wat getuienis moet lewer.

Die hof het, hangende uitsprake deur die kinderhof, bevind Sophia mag wel haar 7 maande oue baba besoek.

Die hof het, hangende uitsprake deur die kinderhof, bevind Sophia mag wel haar 7 maande oue baba besoek.

Sy moet Woensdae en Vrydae by die Upington-polisiekantoor aanmeld en mag nie die Gordonia-distrik verlaat nie.

Landdros Mosala Mosala het borgtog van R2 000 vasgestel. Meyer bly in aanhouding totdat die bedrag betaal word.

Die saak is tot 19 Februarie uitgestel.

’n Private roudiens vir Walter Meyer is voorlopig vir 11 Januarie gereël.

Meer oor:  Sophia Meyer  |  Walter Meyer  |  Kunstenaar-Moord  |  Borgtog  |  Moord  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.