Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kyk: Kunstenaar skuldig aan moord op sekswerker
Zwelethu Mthethwa vroeër buite die hof. Foto: Liza van Deventer

Die internasionaal bekende kunstenaar Zwelethu Mthethwa is Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad aan die moord op ’n sekswerker skuldig bevind.

Mthethwa het in Junie 2015 skuld ontken op aanklag van moord op Nokuphila Kumalo (23).

Hy het Kumalo op 14 April 2013 herhaaldelik geskop en op haar getrap. Sy is binne sekondes dood weens ’n harde hou.

Mthethwa is op kringtelevisie afgeneem toe hy in Ravenscraigweg, Woodstock, Kaapstad, in sy Porsche stilgehou het.

Hy het skuld ontken en geen pleitverduideliking by die hof ingedien nie. Hy het ook nie in die saak getuig nie.

Regter Patricia Goliath het die staat se getuienis bo redelike twyfel aanvaar en Mthethwa se verweer – wat eers later in die saak geopper is – dat hy onder die invloed van drank was en nie kan onthou wat gebeur het nie, verwerp.

Mthethwa is bekend vir sy fotografiekuns en hy werk ook in verf en pastel. Hy het reeds meer as 50 solouitstallings oor die hele wêreld gehou, luidens wikipedia.

Hy sal later gevonnis word.

Meer oor:  Zwelethu Mthethwa  |  Kaapstad  |  Kunstenaar  |  Aan  |  Op  |  Moord  |  Skuldig  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.