Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Skokgranate by hof in Piet Retief afgevuur

11:04  Ses mans aangekla

Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53) en Ignatius Michael Steynberg (31) het Maandag saam met Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) in die landdroshof in Piet Retief verskyn.

Die sesde verdagte, Werner Potgieter, is nog in die hospitaal.

Hulle staan almal op twee aanklagte van moord en ontvoering, asook poging tot moord, tereg.

Luidens die voorlopige klagstaat word Malan ook van dwarsboming van die gereg aangekla omdat hy glo geweier het om sy vuurwapen aan die polisie te oorhandig.

Die aanklagte van ontvoering en poging tot moord hou met die voorval op 9 April verband toe Nhlanhla William Hlatswayo na bewering aangehou en “geboei is en met ’n piksteel geslaan is, geskop en met pepersproei in die oë gespuit is”.

Die hof het nou vir ’n kort ruk verdaag. Die landdros het intussen gevra dat die betogers buite die hof gemaan word om stil te wees.


09:22 Polisie vuur skokgranate af

Verskeie groepe, onder andere die ANC-vroueliga en EFF, het by die landdroshof in Piet Retief, Mpumalanga, aangekom.

Die polisie het rolle lemmetjiesdraad oral om die hof gespan om die betogers van die hof af weg te hou.

Die polisie het nou pas skokgeranate gegooi en 'n klein groepie betogers het bakstene begin gooi. 


08:24

Ses mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Piet Retief in Mpumalanga verskyn nadat twee mans op ’n plaas hier doodgeskiet is.

Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53) en Ignatius Michael Steynberg (31) het reeds verlede Maandag in die hof verskyn. Nog twee verdagtes het Vrydag in die hof verskyn. Die een is Zenzele Yende, die plaasvoorman op Pampoenkraal waar die gebeure op 9 April ontvou het.

Die sesde verdagte se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Na verwagting sal al ses Maandag om borgtog aansoek doen.

Hulle staan elk tereg op twee aanklagte van moord op die broers Amos en Zenzele Coka. Hulle word ook van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla. Malan word bykomend aangekla van dwarsboming van die gereg omdat hy glo geweier het om sy vuurwapen aan die polisie te oorhandig.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 gesê die aanklagte spruit uit ’n voorval op 9 April op ’n plaas in die Dirkieskop-omgewing.

Die Coka-broers was volgens Mpumalanga Landbou (ML) op die plaas vir ’n onwettige betoging, en nie om werk te soek soos voorheen deur die polisie gesê is nie. Mdhluli wou nie verder uitwei oor die saak alvorens dit in die hof aangehoor word nie.

Hy sê wel dat ’n swaar polisieteenwoordigheid gehandhaaf sal word by die hof.

Netwerk24 het verneem dat ondernemings in Kerkstraat, waar die hof geleë is, hul deure gesluit sal hou vir die duur van die hofverrigtinge.

Meer oor:  Moord  |  Hof  |  Misdaad  |  Piet Retief-Voorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.