Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Betogers eis ‘3 wit mans moet agter tralies bly’

Betogers het vroeg Woensdag voor die landdroshof in Carolina, Mpumalanga, bymekaargekom waar twee winkelbestuurders van die Spar en ’n veiligheidswag op aanklag van moord gaan verskyn.

Die betogers eis dat William Viljoen (32), Hannes Terblanché (29) en Obi Nortje (32) nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die groep betogers het die pad voor die hof versper.

Die mans het glo Thulani Sibanyoni (35) en Thabiso Sibanyoni (22) op 17 Augustus in ’n stoorkamer van die winkel aangehou en aangerand, waarna Thulani in die hospitaal dood is.

Volgens die nasionale vervolgingsgesag word die drie beskuldigdes aangekla van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering.

Betogers Woensdagoggend voor die landdroshof in Carolina. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Betogers het die pad voor die hof in Carolina versper. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Die betogers eis dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  William Viljoen  |  Hannes Terblanché  |  Obi Nortje  |  Carolina  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.