Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Cecilia Steyn se getuienis in afspraakmoorde-saak

Cecilia Steyn (37), vermeende baasbrein van die sogenaamde Krugersdorp-aspraakmoorde, het Woensdag haar getuienis in die hofsaak afgehandel.

Cecilia Steyn

Cecilia, Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) staan tereg op 11 moorde en ’n spul misdrywe waarin hulle tussen 2012 en 2016 mense vermoor het om geld te bekom.

Cecilia het vandeesweek betrokkenheid by al die moorde en gepaardgaande misdrywe ontken en ook ontken dat sy ooit by satanisme betrokke was, buiten dat sy haar op skool by goths geskaar het.

Sy het verder getuig dat sy behandeling vir dissosiatiewe identiteitsversteuring (DID) ontvang het.

Cecilia het volgehou dat daar nooit ’n onderneming of bediening met die naam Electus per Deus bestaan het nie,

Marinda Steyn (52), wat in Mei vanjaar reeds vir haar aandeel in die moorde gevonnis is, getuig vir Cecilia en sal Donderdag gekruisondervra word.

Meer oor:  Cecilia Steyn  |  Afspraakmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.