SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
KYK: Die oomblik toe Rohde hoor hy is skuldig

Jason Rohde is Donderdagoggend skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan.

Jason Rohde. Foto: Adrian de Kock

Regter Gayaat Salie-Hlophe het kort ná 10:00 met uitspraak begin.

Gayaat Salie-Hlophe het gesê sy het 'n probleem met Rohde se weergawe van gebeure. Jason het gesukkel met sy getuienis oor wat gebeur het, want dit was nie die waarheid nie, het Salie Hlophe bevind.

Jason het Susan in alle waarskynlikheid met die vuis geslaan en haar versmoor en verwurg. Hy het daarna besluit om die toneel te laat lyk asof Susan haarself om die lewe gebring het.

Susan se lyk is die naweek van 24 Julie 2016 in 'n hotelkamer op die Spier-landgoed ontdek. Haar halfnaakte lyk het op die badkamervloer gelê. Die staat het aangevoer Jason het dié krulhaartang gebruik om Susan te vermoor en dit te laat lyk of sy selfmoord gepleeg het.

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van die gebeure uit die hof soos wat die nuus ontvou.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Rohde-Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.