Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: ‘Ek sal altyd jou pa bly,’ hoor Cecilia Steyn

“Onthou, ek sal altyd jou pa bly,” het die pa van Cecilia Steyn, veroordeelde Krugersdorp-moordenaar, Dinsdag vir sy dogter deur die selle gesê.

Dit was die eerste keer in vier jaar wat Piet Brand sy dogter gesien het en die eerste keer wat haar ouers die hofverrigtinge in die hooggeregshof bywoon. Volgens Piet het hulle die hofsaak opgehou bywoon omdat die publiek hulle by die laerhowe in Krugersdorp uitgejou het.

Cecilia se ma, Mara, besoek haar gereeld in die tronk. Volgens Piet wou Cecilia hom al die jare nie sien nie weens ’n uitval wat hulle gehad het. Cecilia het Dinsdag gestaan en eet en tussendeur met haar ma geselsies gemaak terwyl haar pa van oor tot oor geglimlag het en ook ’n woord probeer inkry het. 

“Luister, Pop, luister mooi wat ek vir jou sê: Ek bly jou pa en ek sal altyd jou pa bly. Ek kan nie help vir wat julle gedoen het nie, maar al wat ek kan sê is ek . . .”

Die gevangenes in die oorvol sel agter hom skreeu hom dan dood, maar Cecilia hoor hom.

“Dankie, Pa,” antwoord sy, voor sy weer ’n hap van haar kos vat.

Die hofverrigtinge hervat ná middagete. Cecilia en haar medebeskuldigdes Marcel Steyn en Zak Valentine verskyn vandeesweek in die hof vir die voorvonnisverrigtinge. Hulle is in Junie op onderskeidelik 32, 21 en 22 aanklagte skuldig bevind wat 11 wrede moorde insluit.

Piet en Mara Brand gesels met die ondersoekbeampte, kapt. Ben Booysen, buite die hof.Foto: Simon Sonnekus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.