Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Harde woorde buite hof in Hofmeyr-vlagsaak

Woorde het Maandagoggend reeds buite die hof geval tussen die regspanne van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en dié van die sogenaamde "vlagaktivis" Johan Pienaar van Stellenbosch.

Die partye het in die gietende reën by die landdroshof in Stellenbosch opgedaag, waar die verhoor Maandag begin, nadat Pienaar die hof vir 'n beskermingsbevel teen Hofmeyr genader het.

Hofmeyr het volgens Pienaar ingemeng met sy kunsinstallasie by die US Woordfees verlede jaar. 

johan pienaar
Johan Pienaar poseer Maandagoggend met die ou Suid-Afrikaanse vlag, met Hofmeyr en talle ander se name daarop geskryf, by die hof in Stellenbosch. Foto: Adrian de Kock

Die US Woordfees ontken dat Pienaar se installasie deel van verlede jaar se feesprogram was.

Toe die partye met hul regsverteenwoordigers by die hof instap, het Hofmeyr se prokureur, Johan Victor, aan Tracey Lomax, Pienaar se prokureur, gesê: "Hou op om ons lastig te val."

"Ons doen niks van die aard nie," het Lomax met 'n verslae uitdrukking geantwoord.

steve hofmeyr
Steve Hofmeyr kom Maandagoggend by die landdroshof in Stellenbosch aan. Foto: Adrian de Kock

Pienaar het die einste ou Suid-Afrikaanse vlag met Hofmeyr en talle ander se name daarop geskryf wat hy op 'n sypaadjie in Stellenbosch uitgestal het, by hom gehad en trots daarmee poseer. 

Hofmeyr het destyds op Twitter gesê hy sal R1 000 gee aan die persoon wat die vlag kan verwyder. 

Pienaar het buite die hof gesê hy is vol vertroue in die aanloop tot die verhoor en sê "die negatiewe publisiteit wat Steve die afgelope tyd gekry het" sou hom (Pienaar) pla as hy Hofmeyr was.

Hofmeyr het buite die hof gesê Pienaar se gebruik van die vlag en die onderonsie wat daarna gevolg het, dra tot 'n "wit volksmoord" in Suid-Afrika by.

Meer oor:  Johan Pienaar  |  Kuns  |  Landsvlag  |  Steve Hofmeyr  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.