Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Hartswater-moorde - ‘Hulle intimideer ons nie’

“Misdadigers intimideer ons nie.”

Dít was die boodskap wat die familie van die Brand-gesin wat Sondag in hul huis aangeval, ontvoer en later elders vermoor is, met hul teenwoordigheid Donderdagoggend in die hof in Hartswater in die Noord-Kaap aan die verdagtes in die saak wou oordra.

“Dit was vir die familie vanoggend baie belangrik om hierdie verdagtes in die oë te kom kyk in hierdie hofsaal. Om vir hulle ’n duidelike prentjie te gee dat misdadigers ons nie intimideer nie,” het Stephen Bennie, die familie se woordvoerder, buite die hof gesê.

Bennie, ’n ou skoolvriend van Heidie Taljaard, die gesin se jongste dogter, het Maandag op die grusame en bebloede toneel in die Brand-gesin se huis afgekom.

Dit was vir die familie vanoggend baie belangrik om hierdie verdagtes in die oë te kom kyk in hierdie hofsaal. Om vir hulle ’n duidelike prentjie te gee dat misdadigers ons nie intimideer nie.

Taljaard het Bennie Maandag gebel en gevra om te gaan kyk of alles in orde is by haar ouers, Dan (83) en Breggie (73), se huis, nadat sy hulle nie telefonies in die hande kon kry nie.

Hy het dadelik hulp ontbied toe hy op die toneel afkom en besef het dat die Brand-egpaar en hul oudste dogter, Elzabie (54), vermis is.

Bennie sê dit was baie moeilik en emosioneel vir Heidie en haar suster, Trudie de Beer, om die hofverrigtinge by te woon waar die vyf verdagtes wat Dinsdag in verband met die moorde op die gesin in hegtenis geneem is, in die hof verskyn het.

Stephen Bennie, familiewoordvoerder, praat buite die hof met die media. Foto: Anena Burger

Al vyf die verdagtes het op aanklagte van moord, ontvoering en motordiefstal verskyn.

Tsepho Visagie (36), Kgomotso Mpulwana (42), Donald Seoleseng (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (19) het vlugtig in die hof verskyn.

Mpulwana, wat Elzabie se Mazda bestuur het toe die verdagtes Maandagaand omstreeks 23:00 naby Pudimoe voorgekeer is, het aan die hof gesê sy wil haar eie regsverteenwoordiger aanstel.

Die ander vier verdagtes het om regshulp aansoek gedoen.

Mpulwana het deurentyd die flitsende kameras van die media probeer vermy deur af of weg te kyk, terwyl die res van die verdagtes net stip voor hulle uitgekyk het.

Die saak is vir verdere ondersoek en aansoeke om borgtog tot 13 Augustus uitgestel.

Buite die hof het inwoners angstig op nuus gewag.

Die vyf verdagtes in die beskuldigdebank in die landdroshof in Hartswater. Foto: Anena Burger

Bennie het hulle kortliks toegespreek, waarna die inwoners gejuig het toe hulle hoor dat die verdagtes in aanhouding bly.

Bennie sê die familie is uit hul harte uit dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap.

“Ons is eintlik stomgeslaan deur die getal mense wat opgedaag het en wat met soveel dissipline en geduld gewag het en hul stem laat hoor.”

Heidie Taljaard, die jongste dogter van die Brand-gesin, gesels buite die hof met familie. Foto: Anena Burger
Familie van die Brand-gesin het ná die hofverrigtinge buite die hof gesels. Foto: Anena Burger
'n Inwoner kyk deur die heining van die hof in Hartswater tydens die hofverrigtinge. Foto: Anena Burger

Meer oor:  Stephen Bennie  |  Koronavirus  |  Hartswater-Aanval  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.